13:00 - 13:05

Nuus

Nou op die lug: 13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Jacqui January

Volgende: 14:00 - 15:00

Derrich se Jam

Met Derrich Gardner

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

6 Mar 2016

6 Maart 2016

‘n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees. RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.


2 Mar 2016

2 Maart 2016

Ilse Salzwedel en prof. Willie Burger gesels met prof. Jerzy Koch, hoof van die Universiteit van Poznan in Pole se departement Afrikaans, oor sy liefde vir en werk oor Afrikaans. Jy kan ook luister na ‘n huldeblyk vir die oud-uitgewer en kinderboekskrywer, Leon Rousseau, ‘n man wat diep spore in Afrikaanse letterkunde getrap het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die lewe, werk en nalatenskap van Umberto Eco en Harper Lee, wat albei onlangs oorlede is. Madri Victor gesels oor die hoogtepunte tydens die Skrywersfees van die US Woordfees, wat volgende week in Stellenbosch gehou word.


The Sound of Laughter

3 Maart 2015

Alan Committie gesels oor sy nuwe vertoning, THE SOUND OF LAUGHTER, by die Woordfees in Stellenbosch en Montecasino in Johannesburg.


25 Feb 2015

25 Februarie 2015

Ilse Salzwedel gesels met Barbara Kingsolver, die skrywer van onder meer THE POISONWOOD BIBLE, wat Suid-Afrika onlangs besoek het. Etienne van Heerden vertel meer oor Litnet Akademies se wetenskapsfiksie-kompetisie vir graad 10 tot 12-leerders. Madri Victor vertel meer oor die Skrywersfees by vanjaar se US Woordfees. Johan Myburg deel nuus oor ‘n bekende Amerikaanse akteur wat sy eerste roman publiseer.


Ockie Vermeulen

24 Februarie 2015

Die orrelis Ockie Vermeulen vertel vir Christelle Webb-Joubert van die verskeie produksies waarby hy betrokke is by die Woordfees en die Wakkerstroom Musiekfees.


Frats & Dirk Ligter

17 Februarie 2015

Albert Maritz vertel vir Christelle Webb-Joubert van die produksies, FRATS by die Woordfees, en DIRK LIGTER by die KKNK.


28 May 2014

28 Mei 2014

Ilse Salzwedel gesels met Marius Crous oor Andries Bezuidenhout se nuwe bundel Veelvuldige gebruike vir huishoudelike toestelle. Luister na ʼn uittreksel uit Murray La Vita se US-Woordfeesgesprek met Lina Spies, wat onlangs haar 75e verjaarsdag gevier het. Ilse gesels met Casey B. Dolan oor haar debuutroman When the bough breaks, wat pas verskyn het en reeds in Frans en Spaans vertaal is. Johan Myburg gesels oor die internasionale letterkunde en vertel onder andere meer van die Week van de Afrikaanse roman wat in September in Nederland plaasvind.


14 May 2014

14 Mei 2014

Daar is twee uittreksels uit die US Woordfees-gesprekke: Irma Joubert gesels oor haar jongste roman TOLBOS, en Abram Phillips vertel meer van sy aangrypende roman DIE HART VAN ‘N MA. Ilse Salzwedel gesels met Kerneels Breytenbach en uitgewer Riana Barnard oor die stand van Afrikaanse erotiese literatuur. Johan Myburg gesels weer oor die internasionale letterkunde.


23 Apr 2014

23 April 2014

Joan Hambidge praat met uitgewer Etienne Bloemhof oor haar nuwe digbundel MEDITASIES in ʼn gesprek wat tydens die US Woordfees opgeneem is. Ilse Salzwedel gesels met Steve Hofmeyr oor sy roman LAASTE DANS, DRIENIE. Johan Myburg vertel meer oor die jongste verwikkelinge in die internasionale letterkunde.


16 Apr 2014

16 April 2014

Luister na ‘n gesprek wat tydens die US Woordfees opgeneem is. Amanda Botha gesels met Mari Heese oor haar roman VUURKLIP, die eerste roman in Afrikaans wat in die oertydperk afspeel. Ilse Salzwedel gesels met Dominique Botha oor haar aangrypende debuutroman VALSRIVIER, wat onlangs deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns met die Eugene Maraisprys bekroon is. Johan Myburg het interessante nuus oor die internasionale letterkunde.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: