00:00 - 05:25

Deurnag (Dinsdag)

Nou op die lug: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

Lise Roberts

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Kompas 15 April 2024

15 April 2024

Chloé van Rooyen vind meer uit van die Junior Suidoosterfees. ‘n Paar bekendes vertel ons van hulle produksies by die fees en die leersessie wat hulle aanbied.


Kompas 12 April 2024

12 April 2024

Is liefde met die eerste oogopslag iets wat net in flieks gebeur, of gebeur dit in die werklike lewe ook? Barrie Ferreira hoor by ‘n paar luisteraars wat hulle ervaring is. Hy vind ook uit hoe jy iemand kan uitneem sonder om die begroting te breek.


Kompas 11 April 2024

11 April 2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met  juffrou Solanti Hough van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria oor die graad 9-vakkeuseproses. Vind uit wat die reëls behels, en waarop jy jou keuses verkieslik moet baseer.


Kompas 10 April 2024

10 April 2024

Wys my jou vriende en ek wys jou jou toekoms. Barrie Ferreira praat met Jannie Putter, ‘n lewensafrigter en motiveringspreker, oor die impak wat jou die naaste familie en vriende op jou het.


Kompas 9 April 2024

9 April 2024

Hoe vind jy jou passie in ‘n see vol van opsies en menings? The Sound Of Music-aktrise Megan Spencer help jou om daardie vraag te beantwoord.


Kompas 8 April 2024

8 April 2024

Twee jazz-studente vertel hoekom hierdie genre só ‘n groot plek in hulle harte het.


Kompas 5 April 2024

5 April 2024

Watter invloed het Chat GPT op skole en universiteite? Barrie Ferreira vind uit by ‘n kommunikasie-dosent hoe die gebruik van hierdie tegnologie toegepas kan word in jou studies. Hy hoor ook wat jongmense doen vir pret oor ‘n naweek as jy op die platteland bly.


Kompas 4 April 2024

4 April 2024

Hazel Janse van Rensburg praat met dr. Antoinnette Dos Ramos Richter oor breinfunksie. Hoor hoe jy jou brein kan help om jou te help leer, veral tydens eksamentyd.


Kompas 3 April 2024

3 April 2024

Barrie Ferreira gesels met Kezia Coleman, ‘n opvoedkundige sielkundige, om leerders te help hoe om doelwitte vir hulleself te stel. Barrie praat ook met Wian van Rooyen wat agt onderskeidings en ‘n 96%-gemiddeld in Matriek gekry het, om te hoor hoe hy sy doelwitte gestel en bereik het.


Kompas 2 April 2024

2 April 2024

Hazel Janse van Rensburg gesels met die Guinness-wêreldrekordhouer in springtou, SD Heijns, oor hoe jy mikrogewoontes in jou daaglikse lewe kan inkorporeer om makrodoelwitte te bereik.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: