Ons vat alles saam wat ons die afgelope paar weke geleer het oor die verkiesing. Jaques Jansen van die OVK deel weer ‘n paar van die belangrike punte, soos die drie verskillende stembriewe wat jy sal kry, en wat ‘n bedorwe stem is.
Met die vakansie wat nader kom vir universiteitstudente, sal baie mense binnekort huis toe ry vir die vakansie. Barrie Ferreira praat met Ruan Vermaak, ‘n padveiligheidspesialis, oor wat jy kan doen om seker te maak jou reis is so veilig moontlik. Barrie vind ook uit wat die beste vyf liedjies is om op jou padreisspeellys te hê wanneer jy huis toe ry.
Hazel Janse van Rensburg vind by Ellsforth Booyse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie uit wat die gedragskode behels wat politieke partye, kandidate en kiesers moet volg.
Kunsmatige inteligensie word al hoe meer gebruik in opvoedkundige instellings. Barrie Ferreira praat met twee jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat KI-tegnologie ontwikkel het om studente se take en toetse te merk. Hy vind meer uit hoe die tegnologie werk, en hoe dit studente kan baat.
Kompas woon die Proscenium Dramakompetisie by. Ons vat jou deur die hele proses – van die uitdunne tot die aankondiging van 2024 se wenners.
Wat word bedoel met ‘n vry en regverdige verkiesing? Hoe deursigtig is die proses? Wie is die rolspelers wat onafhanklike, vrye en regverdige verkiesings moet laat gebeur?
Hoe moet jy met jou finansies werk wanneer jy op universiteit is? Is dit ooit te vroeg om te begin spaar vir jou aftrede? Barrie Ferreira besoek ‘n kuierplek om uit te vind hoeveel studente tipies op ‘n aand uit sou spandeer. Hy praat ook met finansiële raadgewer Pieter Venter om te hoor hoe jongmense met hulle geld behjoort te werk terwyl hulle jonk is.
Mediese dekking kan jou sak ruk. Susan Koekemoer, ‘n finasiele verhoudingsbouer, verduidelik hoe studente hulleself op ‘n studentebegroting kan dek.
Barrie Ferreira praat oor entrepreneurskap terwyl jy op universiteit is. Bouwer Bosch gesels oor sy ondernemings, en dr. Dawie Bornman van die Universiteit van Pretoria praat oor entrepreneurskap.
Daar is baie te sê oor hoe om tienerswangerskappe te voorkom, maar ons fokus op die feit dat jy nou swanger is, en jy moet kop bo water hou. Twee mammas wat as tieners swanger geword het, deel hulle ondervinding.
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za