23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 38

26 April 2024

Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 37

25 April 2024

Ester is ontsteld na hulle hoor dat Sammy se liggaam in die grot gevind is waar Ryno ‘n seismiese lesing saam met Albert gedoen het. Albert vra Marita om met Ronel te gesels en Ronel se guns te probeer wen. Manie vra Albert om hom die grot te gaan wys waar Sammy se lyk gevind is.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 36

24 April 2024

Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog ‘n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 35

23 April 2024

Dominee Malan vra of hy Albert se aandeel in die galery kan koop. Manie loop in Marita langs die swembad vas by die gastehuis waar sy bostukloos langs die swembad sonbak, en word uit die veld geslaan. Marita en Albert mediteer langs die swembad om te besin of hulle gaan aanbly of vertrek.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 34

22 April 2024

Ester is kwaad vir Manie omdat hy haar vermy. Manie bieg hy dink sy en Lionel is betrokke by sy pa Sammy se verdwyning. Dominee Malan repeteer saam met Barend vir sy onderhoud met die dokumentêre filmspan. Albert is bekommerd oor Ronel, en vra vir Ester om ‘n woord vir hom in te sit.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 33

19 April 2024

Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 32

18 April 2024

Barend wil aksiefoto’s van Manie en sy manne by die brandweerstasie neem, maar Manie praat net oor sy ma en Wilma se liefde vir mekaar. Dominee Malan is bekommerd oor Wilma wat hom by die kerkraad gaan verkla het. Jolene en Lionel gaan hou vakansie by Warmwaterberg in die Karoo.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 31

17 April 2024

Ester verras Ryno met ‘n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog ‘n ligte aardskudding getref.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 30

16 April 2024

Ronel is steeds bekommerd oor Jolene wat nie reageer op haar oproepe of boodskappe nie, en oorweeg dit om deur te ry Hawston toe. Ester vertel vir Barend dat sy haar mond verby gepraat het oor haar liefde vir Wilma. Dominee Malan glo hy het die stem van bó met Ryno se seismometer opgetel.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 29

15 April 2024

Ronel bel vir Lolly Cupido in Hawston, en verneem dat Jolene ook nie by hom opgedaag het nie. Ester vra dominee om vrede te maak met Ronel, want sy is Kaapstad toe om hom by die kerk aan te kla. Lionel vertel vir Manie hy vertrek die volgende oggend Hawston toe om Jolene te gaan soek.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: