19:30 - 20:00

Kompas

Met Barrie Ferreira

Nou op die lug: 20:00 - 21:00

Skrywers en Boeke

Met Ilse Salzwedel

Ilse Salzwedel

Volgende: 21:00 - 21:10

Nuus & Weer

21:10 - 21:20

Laataandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 26

10 April 2024

Barend keer terug van Kaapstad. Hy nader Manie, want hy wil ‘n reeks skilderye oor brandweermanne doen. Wilma verneem by Ryno hoe sterk die ligte aardbewing die afgelope Saterdag was. Lionel glo Jolene is Kaapstad toe vir ‘n werkskursus, maar sy gaan Hawston toe.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 25

9 April 2024

Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en ‘n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot ‘n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer ‘n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 24

8 April 2024

Dominee Malan probeer om kaptein Jansen te oortuig om die anti-skudding-protes, wat Wilma beplan, te keer deur hulle van die straat te verban, maar hy het reeds toestemming gegee. Wilma vra vir Manie of sy brandweerwa die protesoptog Saterdag sal begelei, en hy stem in om ook deel te wees.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 23

5 April 2024

Dominee vra Ester om vir hom gordyne vir sy slaapkamer te maak, sodat hy die stem in die nag kan vasvang op die seismometer. Jolene besluit sy gaan haar pa in Hawston soek nadat sy by Manie hoor Sammy het nooit by Lolly opgedaag nie. Ester probeer Jolene laat afsien om Hawston toe te gaan.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 22

4 April 2024

Wilma vra vir Ronel om die optog teen die aardbewing-mania te kom ondersteun. Jolene is ook besorg omdat Sammy nie in Hawston opgedaag het nie, en vra vir Ronel om haar te help bepaal of hy wel op die bus geklim het. Hendrik probeer Wilma ompraat om nie die optog in die dorp te hou nie.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 21

3 April 2024

Wilma Jooste keer terug van Kaapstad, en vertel vir Ester sy het besluit om nie voort te gaan met die restaurant nie. Lionel lig Manie in dat hy en Jolene mekaar weer gevind het. Wilma stel haarself voor aan Ryno, en vra hom of hy haar antiaardbewing-petisie sal teken.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 20

2 April 2024

Dominee Malan lig die gemeentelede in dat hy weer ‘n visie gehad het oor die komende aardbewing. Ryno, Jolene, Ronel en selfs Lionel woon die kerkdiens by. Ryno erken hy is net daar om Ronel weer te sien. Jolene en Lionel probeer mekaar ná die diens by die koek en tee vermy.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 19

1 April 2024

Dominee Malan rapporteer aan Ester ná sy besoek aan Wilma en Barend in Kaapstad. Lionel laat Sammy oplaai, en bring hom polisiestasie toe vir ondervraging oor die brand wat gestig is in die ou gebou in die dorp. Manie waarsku Sammy dat hy dink Lionel wil hom ontvoer of iets aandoen.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 18

28 Maart 2024

Sammy en Jolene vind dit vreemd as Ester bel en hom vir koffie nooi. Manie vertel sy ma dat dit hy is wat die aanbod op Sammy se huis gemaak het, maar Sammy weet dit nie. Ronel besoek Jolene, en vind haar in ‘n baie depressiewe toestand. Sy probeer haar oortuig om bietjie weg te kom.


AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie – Episode 17

27 Maart 2024

Lionel stel homself voor aan Ryno, en vra hom om nie die dorp verder op te werk met dominee se aardbewing-stories nie. Ryno neem Ronel die berge in na ‘n swempoel waar hy vir haar wys hoe sy mobiele seismometer werk. Lionel vra Ester om weer vir Sammy te ontmoet by die slawehuis.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: