23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Phil Loots

Phil Loots

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Vers en klank 20 Julie 2021

20 Julie 2021

Ons bring hulde aan een van ons grootste skrywers en digters, Petra Müller, wat in Junie 2021 oorlede is.  Jy kan uitsien na ‘n wye verskeidenheid van gedigte en kort prosa deur Petra Müller wat voorgelees word deur Juanita Swanepoel, Margot Luyt, Anna-Mart van der Merwe, Joanie Combrink, Rolanda Marais, Marion Holm, Cintaine Schutte, Karli Heine, Elmari Johnson, Lise-Mari van Wyk en Jana Kruger.


Vers en klank 13 Julie 2021

13 Julie 2021

Rolanda Marais lees gedigte voor uit Kameleon deur die Belgiese digter Charlotte van den Broeck. Die bundel is uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo. Kameleon is van den Broeck se bekroonde debuutbundel en bevat ‘n reeks oënskynlik naïewe maar ironiese, speelse en subversiewe gedigte wat ‘n meisie se identiteitsoektog na vrouwees karteer. Dit ‘n ontdekking van die lyflike en van taal, en delf deur herinneringe, landskappe en vorms.


Vers en klank 6 Julie 2021

6 Julie 2021

Dann-Jacques Mouton lees gedigte voor uit Nathan Trantraal se kort, maar kragtige oeuvre. Woorde soos “aangrypend, eerlik, sonder sentimentaliteit, skokkend, skreeusnaaks en ontroerend” word gebruik as Trantraal se poësie bespreek of beskryf word. Die gedigte kom uit die bundels Chokers en Survivors, Alles het niet kom wôd en Oolog.


Vers en klank 29 Junie 2021

29 Junie 2021

Eben Genis lees gedigte uit die bundel, Weerbare weemoed, deur die Belgiese digter Luuk Gruwez, vertaal uit die Nederlands deur die bekroonde digter en letterkundige Hennie van Coller. “Lesers (en veral poësieliefhebbers) is Van Coller groot dank verskuldig dat hy dié ‘sprong in die duister’ gewaag het, want in sy vindingryke vertalings in Weerbare weemoed word die vele fasette van Luuk Gruwez se eiesoortige digterstem – die weemoed, wanhoop én waansin; die heimwee, maar ook die ironie – in klinkende Afrikaans vasgelê.” – Prof. Thys Human, letterkundedosent, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)


Vers en klank 22 Junie 2021

22 Junie 2021

Jana Kruger lees gedigte uit regsgeleerde en musikant, Bester Meyer, se debuutbundel, die Testament. Hy is in Alberton gebore. Hy studeer regte by RAU, en word daarna ’n prokureur by ’n firma in Kaapstad wat destyds opgetree het as Nelson Mandela se regsverteenwoordiger. die Testament is uitgegee tesame met ses toonsettings van onder andere Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker, getiteld Musiek vir jou ure.


Vers en klank 15 Junie 2021

15 Junie 2021

Daar was al heelparty digtende dokters in Afrikaans en alhoewel sommige bekend is vir sogenaamde mediese poësie waarin die mediese veld betrek word, dig ander gewoon oor die lewe en die dood en die liefde en al die groot temas. Alhoewel daar ongeveer 17 digtende dokters is wat gepubliseer is in Suid-Afrika, kan jy uitsien na gedigte deur Eugéne Marais, Henk Rall, Phil du Plessis, Gilbert Gibson, Len S. Louw, Hennie Nortjé, Ilse van Staden en Hendrik J. Botha. Johann Nel gaan die gedigte voorlees.


Vers en klank 8 Junie 2021

8 Junie 2021

Die digter, akademikus en literêre kritikus, Joan Hambidge, gesels oor haar nuwe bundel, NOMADIESE STERRE. Sy lees ook gedigte uit hierdie besondere bundel voor. Johan Myburg merk op: “Wat deurgaans opval is Hambidge se omgaan met “hartenswoorde”: woorde wat ʼn duidelike persoonlike betekenis het, maar só geboetseer word dat dit die leser toelaat om ʼn eie “hartensbegrip” daaraan te koppel. Wat veel vreugde bied is die spel en dikwels speelse manier waarmee sy omgaan.”


Vers en klank 1 Junie 2021

1 Junie 2021

Cintaine Schutte lee gedigte voor uit Irize Loots se debuutbundel, Vlieg vorentoe. Irize is in Johannesburg gebore. Sy studeer musiek aan Unisa en verwerf ‘n BA en diploma in verhoogbestuur aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy woon sedert 1993 in Amsterdam, waar sy ‘n Gestaltterapiepraktyk het, klavierles gee en deeltyds by ‘n uitgewer van wetenskaplike, tegnologiese en mediese tydskrifte werk. Haar debuutroman, Dromers, van 2018 word in 2020 vir ‘n ATKV-woordveertjie genomineer.


Vers en klank 25 Mei 2021

25 Mei 2021

Luister na gewyde gedigte, soos opgeneem in die woordkunsprogram God, die digter. Helena Conradie en Christa Thom gesels oor hierdie projek, en lees van die mooiste gewyde gedigte in Afrikaans voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Joan Hambidge, D.J. Oppperman, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Susan Smith, Donald Riekert, S.J. Pretorius, Jan Swanepoel, Olga Kirsch, Wilma Stockentröm, George Louw en T.T. Cloete.


Vers en klank 18 Mei 2021

18 Mei 2021

Chris van Niekerk  lees verse voor uit die bundel, Alles keer om – Tomas Tranströmer in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Tomas Tranströmer, ‘n Sweed en een van die grootste Skandinawiese digters ooit, slaag daarin om belewenisse wat vreemd en angswekkend kan wees, aan te bied asof dit alledaags is en hy gee dit ‘n soort liriese skoonheid, gestroop en minimaal, maar besonder kragtig. Sy poësie lei die leser tot ‘n punt waar die werklikheid met verrassende onverwagsheid “omkeer”, iets anders beteken en beskryf as wat die leser verwag. Die motivering vir die Nobelprys wat hy in 2011 ontvang het, het dié woorde ingesluit: hy gee ons vars toegang tot realiteit. ‘n Skynbaar gewone situasie word meteens asemrowend anders. De Waal Venter het sowat 135 vertaalde gedigte ingesluit in hierdie bundel en lewer hiermee ‘n uitsonderlike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: