05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Vers en klank 1 Augustus 2023

1 Augustus 2023

Luister na die derde en laaste aflewering in die reeks oor insekte. Die gedigte word voorgelees deur Joanie Combrink, Marlo Minnaar en Lochner de Kock.


Vers en klank 25 Julie 2023

25 Julie 2023

Luister in die tweede aflkewering in ’n reeks van drie oor insekte na gedigte oor dié insekte wat in ons tuine leef – die kewers, bidsprinkane, slakke en wurms… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.


Vers en klank 18 Julie 2023

18 Julie 2023

Luister na die eerste in ’n reeks van drie programme oor insekte. Sophia van Taak kyk na gedigte oor die insekte wat ons in ons huise aantref – muskiete, kakkerlakke, muggies en motte… Die voorlesers is Marlo Minnaar, Joanie Combrink en Lochner de Kock.


Vers en klank 11 Julie 2023

11 Julie 2023

Sophia van Taak en die voorleser Ronel Geldenhuys sit die reeds oor die dood voort. Daar is gedigte deur onder andere Jeanne Goosen, Lucas Malan en Wilma Stockenstrom. 


Vers en klank 4 Julie 2023

4 Julie 2023

Sophia van Taak roer ’n gewigtige tema aan – die dood. Ons sterflikheid is vir die meeste mense ’n ongemaklike gedagte, een wat jou selfs bang maak. Wat het ons digters hieroor te sê? Hoor hoe húlle die dood probeer uitpluis. Die voorleser is Ronel Geldenhuys.


Vers en klank 27 Junie 2023

27 Junie 2023

Laasweek, toe die groot kouefronte die land so hard getref het, het Sophia van Taak en die voorleser Marlo Minnaar op Vers en Klank reggesit met die ’n rits mooi gedigte oor onweer en storms. Vanaand sit dié twee die tema voort, met Marlo wat gedigte oor die reën voorlees.


Vers en klank 20 Junie 2023

20 Junie 2023

Ons luister na gedigte oor storms en onweer. Daar is heelwat verse deur Ina Rousseau en D.J. Opperman, asook gedigte deur Daniel Hugo, Fanie Olivier en Celest Fritze om na uit te sien. Die voorleser is Marlo Minnaar.


Vers en klank 13 Junie 2023

13 Junie 2023

Wonder jy party dae: Het die lewe dan hoegenaamd betekenis? Of is dit maar net ’n vervelige gesukkel van geboorte tot die dood? Toemaar, jy’s nie alleen nie! Karli Heine lees gedigte voor deur talle digters wat dié onsekerheid deel.


Vers en klank 6 Junie 2023

6 Junie 2023

Sophia van Taak blaai deur M.M. Walters se debuutbundel, Cabala. Walters word beskou as die grootste satirikus in die Afrikaanse digkuns, en het met sy vlymskerp waarnemingsvermoë en raakvatwoorde menige heilige koei in ons kultuur bygekom. Die voorleser is Johann Nel.


Vers en klank 30 Mei 2023

30 Mei 2023

In die tweede aflewering oor briewe is daar gedigte deur Hennie Aucamp, Barend J. Toerien, T.T. Cloete en Breyten Breytenbach. Die voorleser is Chris van Niekerk.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: