12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Vers en klank 4 April 2023

4 April 2023

Ons omarm beurtkrag deur te luister na gedigte oor kerse en kaggelvuurtjies – dié dinge waartoe ons ons wend wanneer dit skielik koud en donker word. Die voorleser is Johann Nel.


Vers en klank 28 Maart 2023

28 Maart 2023

In die vierde en laaste aflewering in die reeks oor voëls kan jy uitsien na gedigte deur Antjie Krog, Tom Gouws, Susan Smith en Karel Prinsloo. Die voorleser is Ronèl Geldenhuys.


Vers en klank 21 Maart 2023

21 Maart 2023

Ons die reeks oor voëls voort. In hierdie uitsending val die fokus op roofvoëls, en jy kan uitsien na gedigte deur onder meer Dolf van Niekerk, N.P. van Wyk Louw, S.J. Pretorius en Ernst van Heerden. Die voorleser is Chris van Niekerk.


Vers en klank 14 Maart 2023

14 Maart 2023

Ons sit die reeks oor voëls voort. Jy kan uitsien na gedigte deur onder meer Tom Gouws, René Bohnen, Boerneef, Totius, Martjie Bosman en Petra Muller. Die voorleser is Jana Kruger.


Vers en klank 7 Maart 2023

7 Maart 2023

In die eerste aflewering van ‘n reeks oor voëls, luister ons na gedigte oor tuinvoëls – die soorte wat in die bome in en om jou tuin woon, asook die pluimvee in die agterplaas. Die voorleser is Chris van Niekerk.


Vers en klank 28 Februarie 2023

28 Februarie 2023

Ons blaai deur Elisabeth Eybers se debuutbundel, Belydenis in die Skemering. Hierdie versameling het verskyn toe Eybers 21 jaar oud was. Dit was ook die heel eerste bundel uit die pen van ’n Afrikaanse vrouedigter. Die voorleser is Jana Kruger.


Vers en klank 21 Februarie 2023

21 Februarie 2023

Luister na die laaste van drie aflewerings oor die lewe en werke van die digter Uys Krige. In hierdie uitsending val die fokus op twee van Krige se groot liefdes: die see (waaroor hy baie gedig het) en die vertaling van Spaanse gedigte. Die voorleser is Eben Genis.


Vers en klank 14 Februarie 2023

14 Februarie 2023

Luister na die tweede aflewering in ’n reeks van drie oor die lewe en digkuns van Uys Krige. Die voorleser is Eben Genis, en ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is.


Vers en klank 7 Februarie 2023

7 Februarie 2023

Vandeesmaand fokus ons op die lewe en werke van Uys Krige, die Goue Seun van die Afrikaanse literatuur. Die voorleser is Eben Genis. Ons luister ook na klankgrepe uit die argief van ’n onderhoud wat 50 jaar gelede met Krige gevoer is.


Vers en klank 31 Januarie 2023

31 Januarie 2023

Skakel in vir ’n tweede skoot groot skrik, wanneer ons na nóg van Dean Balie se voorlesings van gedigte oor spoke en ander grieselrige gedaantes luister. Laasweek het ons die grootmense banggepraat; vanaand is dit die kinders se beurt.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: