12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Vers en klank 24 Januarie 2023

24 Januarie 2023

Dean Balie lees ons lekker bang! Die program is propvol gedigte oor spoke, dierasies en dinge wat jou in die donker bekruip. Skakel in… ás jy dapper voel!


Vers en klank 10 Januarie 2023

10 Januarie 2023

Ons gesels oor Eugene Marais se lewe, luister na Wessel Pretorius se voorlesings van sy gedigte, en ook na ’n paar toonsettings van sy werk.


Vers en klank 3 Januarie 2023

3 Januarie 2023

Sophia van Taak en die voorleser, Marion Holm, blaai deur ’n paar bundels om te sien wat ons digters oor die ou- én nuwejaar te skryf gehad het.


Vers en klank 27 Desember 2022

27 Desember 2022

Ons rek daardie lekker somer-see-gevoel vir oulaas uit. Luiter na gedigte oor strandsambrele, sandkastele, branders duik én mense kyk, soos voorgelees deur Susanne Beyers.


Vers en klank 25 Desember 2022

25 Desember 2022

Christelle Webb Joubert lees ‘n paar ouer digters se gedigte voor oor Kersfees in hierdie spesiale Kersdagaanbieding van Vers en Klank. Die samesteller is Ina Strydom.


Vers en klank 20 Desember 2022

20 Desember 2022

Die feestyd is vir baie mense eerder ’n voostyd, veral in die dolle week voor Kersfees. Hoor wat ons digters hieroor te sê het! Die voorleser is Wessel Pretorius.


Vers en klank 13 Desember 2022

13 Desember 2022

Ons digters is gewoonlik baie ernstig, maar hulle kan beslis ook ’n bietjie bolla losmaak! Ons lag ‘n slag net lekker vir gedigte wat snaakse stories vertel, of komiese toneeltjies skets. Die voorleser is Marion Holm.


Vers en klank 6 Desember 2022

6 Desember 2022

Luister na gedigte oor ontmoetings. Sommige daarvan is ’n blye weersien met ’n ou vriend, ander ’n gemaklike oomblik in die geselskap van iemand met wie jy toevallig paaie kruis. En dan is daar ook daardie bisarre interaksies met vreemdelinge, wat ’n mens laat wonder: hoe het ek hier beland? Die voorleser is Johann Nel.


Vers en klank 29 November 2022

29 November 2022

Karli Heine lees gedigte oor dié dinge wat ons gewoonlik miskyk en mis-ruik omdat ons nie aldag oplet nie.


Vers en klank 22 November 2022

22 November 2022

Antjie Krog gesels oor ouer word, wat haar steeds aanspoor om te skryf, én oor ’n splinternuwe digbundel uit haar pen genaamd, Plunder. Sy lees ook van haar eie werke voor.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: