4 medium uie, geskil en in die helfte gesny
50 g  botter
blare van 6 takkies vars tiemie
4 lourierblare
8 knoffeltoontjies, geskil
2 eetlepels taai bruinsuiker
4 eetlepels appelasyn
350 g vel blaardeeg
growwe sout en peper na smaak
Verhit die oond teen 220 grade Celsius.
Smelt die botter in ‘n 26 cm ronde oondpan.
Voeg die tiemie, lourierblare, suiker, asyn en 100 ml water by.
Plaas die halwe uie snykant na onder in die pan met die knoffeltoontjies tussenin.
Voeg sout en peper by.
Plaas die deksel op en stoom die uie vir 10 minute.
Haal die deksel af en laat dit prut tot die sous karamel begin vorm.
Plaas die vel blaardeeg bo-oor en druk die kante met ‘n houtlepel stewig in die pan in.
Bak vir 35 minute in die oond tot die deeg goudbruin is.
Plaas ‘n groot genoeg bord bo-op die pan, en keer die uietert versigtig om in die bord.
Bedien met ‘n groenslaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za