RESEPTE
Surita se geurige lamkasserol
Bestanddele
5 medium aartappels, ongeskil en in skywe gesny
3 rooi uie, in dun skywe gesny
1 kg lamsvleis (nek, tjops of lamsboud)
2 koppies rou rys, afgespoel
1 bossie pietersielie, fyn gesny
1 bossie vars koljander, fyn gesny
2 suurlemoenblare
1 teelepel droë rissievlokkies
2 groot wortels, in ringe gesny
3 eetlepels olie
dout en peper na smaak
Sowat 1,2 liter hoenderekstrak
Metode
In ʼn groot kasserol- of oondbak pak die volgende in lae: Aartappels, uie, lamsvleis, rys, kruie, suurlemoenblare, rissievlokkies en wortels. Geur met sout en peper soos dit inpak. Voeg olie by. Eindig met ʼn laag aartappels, en giet die hoenderekstrak bo-oor.
Bak teen 180°C vir sowat 2 ure.
Verwyder die deksel, en bak vir nog 30 minute tot die bolaag bruin en krakerig is, en vleis en groente heerlik sag is.
Bedien met 'n slaai of op sy eie.