Skip to content

Izel se pannekoek-spaghetti met sjokoladesous en bessies

RESEPTE

Izel se pannekoek-spaghetti met sjokoladesous en bessies

Izel se pannekoek-spaghetti met sjokoladesous en bessies

By: Izel Bezuidenhout
Izel se pannekoek-spaghetti met sjokoladesous en bessies

Bestanddele

Vir die pannekoek:
1 koppie meel
1 eier
1 koppie water
½ koppie melk
1 eetlepel olie
skeut vanieljegeursel
kaneelsuiker

Vir die sjokoladesous:
250 ml room
1 groot blok sjokolade (ongeveer 150 - 200 g)
knippie sout

Metode

Vir die pannekoek:
Meng al die bestanddele saam tot jy ’n gladde pannekoekbeslag het.
Bak die pannekoeke soos normaal.
Sodra elke pannekoek uit die pan kom, strooi kaneelsuiker oor.
Rol die pannekoeke styf op, en sny dit in dun repies sodat dit soos spaghetti lyk.

Vir die sjokoladesous:
Kap die sjokolade so fyn as moontlikop. Hoe kleiner die stukkies, hoe makliker smelt dit en hoe gladder en romeriger is die sous.
Verhit die room stadig. Moenie dit laat kook nie. Net voordat dit begin kook, haal dit van die hitte af en voeg die gekapte sjokolade by.
Roer tot al die sjokolade gesmelt het en jy ’n gladde, romerige sous het.
En dan my geheime bestanddeel: ’n knippie sout. Dit bring die sjokoladegeur uit en trek al die geure mooi saam.

Om voor te sit:
Pak die pannekoek-spaghetti op ’n bord, giet die warm sjokoladesous bo-oor, en rond dit af met vars bessies, aarbeie en bloubessies.

Deel nou