Skip to content

Hoe verklaar jy dit?

Potgooi

Hoe verklaar jy dit?

Wetenswaardighede oor die natuur en wetenskap

Hoe verklaar jy dit? Super El Niño; Hoekom QWERTY?

Hoe verklaar jy dit? Super El Niño; Hoekom QWERTY?

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-07-19

19 Julie 2026: Berigte oor ‘n moontlike Super El Niño laat baie mense wonder: Hoe ernstig is dit regtig, en hoe onderskei jy feite van vrees? Het jy al gewonder hoekom jou rekenaar se sleutelbord nie alfabeties is nie? Waarom lyk QWERTY soos dit lyk?

Hoe verklaar jy dit?  Hoe oorleef insekte insekte ekstreme toestande? Vesel-lasers.

Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef insekte insekte ekstreme toestande? Vesel-lasers.

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-07-12

12 Julie 2026: Hoe oorleef insekte yskoue winters, versengende hitte en van die mees ongenaakbare plekke op aarde? Entomoloog dr. Johan Pretoriu sluit sy reeks af oor hoe insekte ekstreme toestande trotseer. En, ons hoor hoe vesel-lasers die wêreld van tegnologie verander – van presisie in materiaalverwerking tot vinniger telekommunikasie.

Hoe verklaar jy dit? Het lewe ‘n manier om bykans enigiets te oorleef?

Hoe verklaar jy dit? Het lewe 'n manier om bykans enigiets te oorleef?

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-07-05

5 Julie 2026: Het lewe ‘n manier om bykans enigiets te oorleef? Ons vind uit hoe insekte uiterste hitte, ysige koue en droë omgewings trotseer. En, ons beantwoord ‘n luisteraarsvraag: As mikroskopiese lewe op Aarde onder ongelooflike omstandighede kan oorleef, kan daar dalk ook lewe op die Maan of Mars wees?

Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef sommige insekte in uiterste omstandighede? Word slange meer aggressief?

Hoe verklaar jy dit? Hoe oorleef sommige insekte in uiterste omstandighede? Word slange meer aggressief?

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-06-28

28 Junie 2026: Hoe oorleef sommige insekte toestande wat vir die meeste lewe onmoontlik sou wees, soos vrieskoue, uitdroging en selfs suurstoftekorte? En, is dit waar dat slange al hoe meer aggressief word namate die aarde warmer word?

Hoe verklaar jy dit? Is diere selfbewus?

Hoe verklaar jy dit? Is diere selfbewus?

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-06-21

21 Junie 2026: Is diere werklik selfbewus, of lyk dit net so vir ons? Hoekom voel dit asof ’n draaiende fietswiel of tol weerstand bied wanneer jy dit probeer omkantel?

Hoe verklaar jy dit? Waarom voer ’n houtkapper oorlog met sy spieëlbeeld?

Hoe verklaar jy dit? Waarom voer ’n houtkapper oorlog met sy spieëlbeeld?

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-06-14

14 Junie 2026: Waarom vlieg ’n kuifkophoutkapper herhaaldelik teen ’n venster vas, asof hy doelbewus die glas aanval? En, hoekom vloei ’n rivier vinniger in die middel van die stroom as langs die oewer?