As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.
TB, die organe wat dit kan aantas en die simptome
TB kan al die organe aantas
So lyk die TB mikobakteroie
Die gelerige fibrotiese kol is die TB
Die letsels van TB
Tuberkulose by kinders
Tuberkulose by kinders is anders as by grootmense: dit kan skielik en hard toeslaan, en die kind vinnig baie siek maak. As dit na die brein gaan, kan dit breinskade of dood veroorsaak. Dis moeiliker om te diagnoseer. Enige kind met ‘n ouer of oppasser met gediagnoseerde of ongediagnoseerde TB is in gevaar. Marí Hudson praat met een van Suid-Afrika se voorste tuberkulose-kinderspesialiste oor die simptome en diagnosering van TB in kinders.
Tuberkulose in kinders is ‘n ander storie as tuberkulose in grootmense. Interessant genoeg is die bakterie-lading in die kind laer, wat hom steeds baie gou baie siek maak omdat sy immuunstelsel nog nie goed ontwikkel is, maar die feit gee dokters die kans om die siekte meer effektief te behandel as in grootmense, mits die behandeling vroeg begin en volgehou word. Marí Hudson gesels met een van die land se voorste TB-spesialiste oor die behandeling van TB in kinders
Igna Klynsmith praat oor motorongelukke, en padreëls wat verontagsaam word.
Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor ‘n Wes-Kaapse regter se beweerde onregmatige besetting van eiendom, en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond.
Ons praat oor hoe sosiale media stil-stil jou selfbeeld kan beïnvloed, en hoe jy kan keer dat ander mense se hoogtepunt-oomblikke jou eie lewe minderwaardig laat voel.
Sosiale angs gaan nie net oor skaam wees nie. Vir baie mense aktiveer sosiale situasies dieselfde stresreaksie in die brein as ’n werklike bedreiging, met simptome soos hartkloppings, oormatige selfbewustheid en ’n intense vrees om beoordeel te word.
Ons volg ’n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle ná dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek.
’n Onlangse uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof sê dat produsente slegs sekere beperkte landboumiddels mag aankoop en aanwend sonder om as plaagbeheeroperateurs geregistreer te wees.
Dit plaas die kollig op verantwoordelikheid in die landbouwaardeketting.
Veekundige dr. Chris de Brouwer praat oor langlewendheid en moedereienskappy by vleisbeesrasse.
Wat begin het as ‘n besigheidsidee om vir sy matriekafskeid te betaal, het gelei tot ‘n beurs om besigheid te gaan studeer. Rudolph Lekay deel sy inspirerende verhaal.
19 Maart Jaco de Waal gaan loer op Donderdag 19 Maart In die skadu van verslawing. Hy vra – watter rol speel skaamte (“shame”) in die tentakels van ‘n magdom verslawings. Wat maak dat mense nie eetversteurings of alkoholisme kan oorkom nie. En watter rol speel emosies?
Agter elke verslawing is daar ’n storie. Sommige gevul met hoop… ander sonder ’n einde.
In die skadu van verslawing neem jou dieper as net die oppervlak – na die werklikheid van wat in die brein gebeur, die emosionele stryd, en die impak op families wat saam die pad stap.
Verslawing verander nie net die lewe van een persoon nie – dit raak families, verhoudings en hele gemeenskappe. Dit werk stil, dikwels onsigbaar, totdat die impak onmiskenbaar word. Tog bly dit een van die mees misverstaande toestande, met baie mense wat steeds glo dit gaan bloot oor swak wilskrag of keuses.
In die radiodokumentêr In die skadu van verslawing word hierdie wanopvattings uitgedaag deur eerlike gesprekke met kenners en mense wat eerstehands met verslawing leef. Die dokumentêr ondersoek wat fisies in die brein gebeur wanneer iemand verslaaf raak, hoekom dit so moeilik is om op te hou, en hoe die pad na herstel lyk – of soms nie lyk nie.
Dr Hugo de Villiers, ’n algemene praktisyn met ’n belangstelling in geestesgesondheid, verduidelik in eenvoudige terme hoe verslawing die brein verander. Hy wys daarop dat dit nie bloot ’n gedragsprobleem is nie, maar ’n mediese toestand wat die manier waarop mense plesier, stres en besluitneming ervaar, ingrypend beïnvloed. Hy waarsku ook teen die gevare daarvan om skielik op te hou met sekere middels, aangesien dit in sommige gevalle lewensgevaarlik kan wees sonder mediese toesig.
Die dokumentêr beweeg verder as net die mediese perspektief en fokus ook op die mens agter die verslawing. Albert Bredenhann, wat wyd bekend is vir sy werk met mense in herstel, beskryf verslawing op ’n manier wat die emosionele en geestelike dimensies daarvan belig. Sy insigte help om te verstaan hoekom mense aanhou gebruik, selfs wanneer dit hul lewens begin verwoes.
Renier Gouws, stigter van IGrow Recovery, deel sy persoonlike verhaal van hoe hy self in die greep van alkoholverslawing beland het. Hy praat openlik oor die vrees om op te hou gebruik, en hoe die middel dikwels ’n vorm van oorlewing word. Hy lig ook die rol uit wat skuld en skaamte speel – emosies wat mense dikwels stil hou en verhoed om hulp te soek.
Maar verslawing raak nie net die individu nie. Die dokumentêr gee ook aandag aan die ervaring van geliefdes wat langs iemand staan wat worstel. Dit is ’n pad van hoop, teleurstelling en moeilike besluite, sonder eenvoudige antwoorde.
Een van die mees aangrypende oomblikke in die dokumentêr is die storie van ’n persoon wat verkies om anoniem te bly. Hy vertel van jare se gesukkel om sy broer te help, ’n pad wat gekenmerk word deur geweld, trauma en uiteindelik die moeilike werklikheid dat sy broer steeds met verslawing worstel. Dit dien as ’n kragtige herinnering dat nie alle verhale ’n gelukkige einde het nie.
In die skadu van verslawing is nie net ’n verkenning van die probleem nie, maar ook ’n poging om begrip te skep. Dit wys dat herstel moontlik is, maar ook dat dit kompleks, lank en dikwels onvoorspelbaar is.
Vir die samesteller van die dokumentêr was die doel om ’n eerlike en gebalanseerde prentjie van verslawing te skets – een wat beide die wetenskap en die menslike ervaring in ag neem. Deur hierdie stories te vertel, word die hoop uitgespreek dat meer mense sal verstaan wat verslawing werklik is, en dat dit die begin kan wees van empatie en hulp.
Indien jy of iemand wat jy ken hulp nodig het, kan IGrow Recovery gekontak word by 072 011 6225 of per e-pos by igrow.rg@gmail.com. Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep is ook beskikbaar by 0800 567 567.