Sinta Ebersohn is ’n mentor, trauma-ontledingspesialis en veerkragtigheidspraktisyn. Sy stap saam met mense deur egskeiding, konflik, verlies en hoëdruk stres.
As die stigter van Get Up and Grow help sy individue en gesinne wêreldwyd om nie net te herstel nie, maar sterker op te staan. Sy praat oor die beskerming van jou kinders, en die navigering van hoë-konflik situasies.
Wat maak veediefstalsake so ingewikkeld en moeilik om op te los? Ons praat hieroor met Louis Wessels van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum.
Volgens kenners aard koffiebome nie op die Weskus nie. Tog het ‘n druiweboer van Lutzville, Riaan Engelbrecht, besluit om dit aan te plant. Ons gesels met hom oor sy sukses.
Koffiebone gereed vir oes
‘n Klimaatslim vleisbeesproduksie-werkswinkel is onlangs in Pretoria aangebied. Professor Michiel Scholtz van die Landbounavorsingsraad was een van die sprekers. Hy het oor beeste se voorkoms gepraat, en verduidelik hoe sekere eienskappe hulle help om by hulle omgewing aan te pas en volhoubaar te produseer.
Dr. Jeanne Brand, ’n dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, is een van twee navorsers in die land wat protokolle vestig oor die inspan van viervoetnatneuse wat nuttige take op plase verrig. Ons vind ook uit hoe wynterminologie meer verstaanbaar gemaak word deur kunsmatige intelligensie, op ‘n eg Suid-Afrikaanse manier.
In die tyd van die ou Grieke het skrywers al satires en komedies geskep en opgevoer. Hulle het gespot met die politiek en met sosiale gebruike. Duisende jaar later is die politiek en sosiale gebruike steeds die inspirasie vir komedies en satire.
Maar wat is humor? Hoekom lag ‘n mens en waarvoor? Waarom is rampe so dikwels die inspirasie vir ‘n nuwe grap? En hoe word humor beïnvloed deur die sosiale norme en gebruike van die tyd? Dit is die vrae wat in “Wat lag jy ?” aan bod kom.
‘n Sielkundige, dr. Hannetjie van Zyl Edeling verduidelik wat in die brein gebeur as ‘n mens lag – en waarom lag goed is vir ‘n mens.
Dan gaan die akteur en teaterskepper Liz Meiring, en die akteur Melt Sieberhagen hulle siening oor wat snaaks is en wat nie, en Willie Esterhuizen vertel vir wie hy skryf. En daar is ‘n verrassing uit die argief, met Fanus Rautenbach.
“Wat lag jy?” is saamgestel en aangebied deur Ina Strydom en word op 26 Maart om 20:00 op RSG uitgesaai.
Jongmense sukkel dikwels met onbeheersde gedrag. Dan word deure toegeklap, klippe rondgeskop en mense om hulle verskree. Waarom? Hoe kan hierdie gedrag oorkom word? PC Pretorius praat hieroor met ds. Leon Geel van die Midstream Familiekerk.
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, oor hoe skoolkwintiele in Suid-Afrika werk, en waarom dit ’n groot rol speel in die befondsing van openbare skole. Die gesprek verduidelik hoe skole ingedeel word, hoe dit met skoolgeld en staatsubsidies skakel, en waarom hierdie onderwerp gereeld in die nuus verskyn.
Wanneer ’n kolonie roosluise oorvol word, of die plant swak word, ontwikkel sommige roosluise vlerke, en vlieg na nuwe plante om ’n nuwe kolonie te begin.
Het jy geweet dat ongeveer 90% van Madagaskar se plante en diere endemies is? Dit beteken hulle kom nêrens anders op aarde voor nie. Dis omdat die eiland al sowat 88 miljoen jaar geïsoleer is van ander kontinente. Lees meer oor en kyk na foto’s van dié endemiese diere: https://www.worldatlas.com/articles/what-unique-animals-live-in-madagascar.html
So lyk dit binne-in die heupgewrig en werk die chirurg met die instrumente. Hy kan die labrum heg, die binnekant van die bakkie van die potjie glad maak en ook die kop van die femur glad maak.
Het jy geweet dat die eiland Sri-Lanka in ‘n stadium verbind was aan Indië, en jy kon voetslaan tussen die twee lande. Johan Rademan het Janine de Waal in Sri Lanka raakgeloop.