Pieter Geldenhuys – toekomskundige en direkteur, Instituut vir Tegnologie Strategie en Innovasie.
Volg RSG Geldsake op Twitter.
Luister weer na “Jeffreysbaai: Dorp van drome en saamstaan”
Kom luister weer na Ilse Salzwedel se dokumentêr oor “Jeffreysbaai: Dorp van drome, en dorp van saamstaan.”
Daar is min dorpies en stede in Suid-Afrika waar dinge nog regtig voor die wind gaan. Dis slaggate, rommel, verwaarloosde infrastruktuur, power munisipale dienste, bankrot munisipaliteite… Genoeg om jou dadelik na emigrasie-moontlikhede te dryf?
Maar wat gebeur as gewone mense inspring en self iets begin doen om hul woonbuurt, dorpie of stad te verander? Dis die storie van Jeffreysbaai, waar een mens se idee uitgebrei het na ‘n inspirerende, navolgbare model wat nou ook begin uitkring na omliggende dorpe.
Jeffreysbaai is een van die die top-10 branderry-bestemmings ter wêreld, maar ‘n bankrot munisipaliteit het byna veroorsaak dat toeriste die dorp begin vermy het. Toe spring die inwoners self in… Deesdae is dit weer een van die drie gewildste kusdorpe in die land, en ‘n model vir goeie samewerking tussen inwoners en die plaaslike munisipaliteit.
Boonop is dit nie dorpenaars teen owerheid, of wit teen swart nie. Hier het almal hande gevat om dinge te laat werk in en om die dorp. En sommer as bonus ook die ‘n hele klomp maatskaplike probleme, soos armoede, werkloosheid en honger aan te spreek. Daar is ‘n unieke rommeloptel-aksie wat kinders help om alles van skryfbehoeftes tot skoolklere, kos vir die huis en selfs kos vir hulle troeteldiere te kan “aankoop” met die punte wat hulle kry vir rommel optel.
Daar is kostuine, sopkombuise, mense wat die strate vee, die dorp verfraai met blombeddings, randstene verf… Oral help mense mekaar met wat ook al gedoen moet word, en die munisipaliteit help nie net met praktiese dinge soos rommel wegry en toerusting nie, maar selfs met befondsing.
En die resultaat? ‘n Mooi dorp wat jaarliks duisende toeriste lok. Die vriendelike atmosfeer is tasbaar, die samewerking, gemeenskapstrots en harmonie is duidelik sigbaar.



















Vir 1e keer hoop op nuwe middel om Alzheimer te stop
r die eerste keer is ‘n middel om Alzheimer-siekte te behandel, en selfs om te keer, in die vooruitsig.
Dr James Butler, neuroloog by Constantiaberg Mediclinic in Kaapstad en raadslid van die SA Neurlogiese Vereninging, praat oor Alzheimer-siekte, Fronto-temporale demensie, Lewy Body demensie en die verband tussen demensie en Parkinsonsiekte en demensie en depressie.
Luister ook: GESONDHEID 6 AUGUSTUS 2025
Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie. Dr James Butler gesels oor demensie in die algemeen en fokus dan op vaskulêre demensie wat alles te doen het met bloedvaatjies en ook hoë bloeddruk en aterosklerose.
Netanyahu se Gasa-plan wek kommer
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, se plan om Gasa-stad ná byna 20 jaar weer te beset en onder Israel se militêre beheer te plaas maak groot opslae. Volgens Netanyahu is dit die beste manier om van Hamas ontslae te raak, en sal Israel mettertyd die beheer oor die stad aan Arabiese militêre magte oordra.
Hierdie plan van Netanyahu het groot ontevredenheid in die wêreld, maar ook onder Israelse burgers veroorsaak. Verskeie van Israel se bondgenote, soos Brittanje, Duitsland en Frankryk, het skerp kritiek teen die plan uitgespreek, terwyl Israeli’s die strate ingevaar het.
Ons praat hieroor met professor Anthoni van Nieuwkerk van die Thabo Mbeki-skool by Unisa.
Hoe vind ek ‘n potgooi?
‘n Mens moet gewoond raak aan enige nuwe webwerf se funksies. Maar ons is hier om te help. Hoe vind mens ‘n potgooi?, is een van die vrae wat luisteraars vra. Ons verduidelik hier al die maniere om ‘n potgooi wat jy soek, op te spoor, maar jy kan ook bloot die stappe volg wat met ‘n sterretjie* gemerk is.
Stap 1*. Gaan na RSG se webwerf by rsg.co.za.
Metode 1 om potgooi te vind:
Beweeg met jou muis laer af op die Tuisblad, totdat jy dié vier programme se potgooi-ikone sien.

Metode2*. As jy ‘n ander program se potgooi soek.
Gaan na die boonste navigeer-strook, en klik op Potgooi.

Die bladsy wat dan oopmaak, lyk só:

(Maar as jy met jou muis afrol, lyk die blad só en kan jy enige kategorie/program kies vir die potgooi wat jy soek:)



Stap 2*. Klik op SOEK.

Hierdie bladsy maak dan oop en dis presies waar jy wil wees.

Stap 3: Só maak jy op hierdie bladsy
Voorbeeld 1*: Gestel jy het op die Middagverhaal ikoon geklik (pienk pyl), sal dié bladsy oopmaak, en dan kan jy al die episodes van die vervolgverhaal sien as jy laer afgaan op die bladsy:


Voorbeeld 2: Jy soek na ‘n potgooi wat jy op Op en Wakker gehoor het. Jy volg die rooi pyl:


Voorbeeld 3: Jy soek ‘n program en potgooi oor demensie (Jy het die groen pyl gevolg)

Dan maak die potgooisnitte só oop:

aanstuur.

Sterkte!
SA staal hom vir die impak van Trump-tariewe
Kaamil Alli – ministeriële woordvoerder, departement van handel, nywerheid en mededinging & Siegfried Lokotsch – besturende direkteur, Jendamark Automation & Francois Baird stigter, FairPlay.
Luister na die gesprek: https://omny.fm/shows/rsg-geldsake-met-moneyweb/sa-staal-hom-vir-die-impak-van-die-trump-tariewe
Volg RSG Geldsake op Twitter
Wakker nuuskierigheid en verbeelding aan by jou kind
Ons kyk na die rol van nuuskierigheid, weetgierigheid en verbeelding in ‘n voorskoolse kind se ontwikkeling. Wilna van Rooyen, ’n vroeëkinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk, praat oor daardie verkenningsoomblikke en ons kleintjies wat alles wil weet. Vra maar vir ouers wat 30 000 vrae deur die loop van ‘n oggend moet antwoord!
Luister na die program: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/groeipyne/
Jy kán jou kans op demensie verlaag
Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie.
Wat is demensie? Hoe werk vaskulêre demensie? En kan ‘n mens werklik dinge doen wat jou kanse op demensie verlaag?
Luister hier na die program: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/gesondheid/
Staak jou bloeddrukpille en beroerte en nierversaking kan volg
Hipertensie, of hoë bloeddruk, is ‘n stil siekte sonder simptome. Iemand met onbehandelde hipertensie, of ‘n hipertensielyer wat self voorskrifmedikasie staak, kan met ernstige en lewensbedreigende komplikasies soos beroerte, ‘n hartaanval of nierversaking in ‘n waaksorgeenheid beland.
Ek gesels met dr Johan Nel, nefroloog by die Tygerberg-Hospitaal oor hierdie siekte wat stilweg kan lei tot beroerte, nierversaking of hartversaking.
Luister hier na die program: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/gesondheid/
Luister weer: Van pool tot pool – Arktiese en Antarktiese see-ys
Watter rol speel see-ys in ons seestrome, ekosisteem en klimaat?
Luister weer na die dokumentêr Van pool tot pool. Arkties en Antarkties see-ys, saamgestel deur Martelize Brink: https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/van-pool-tot-pool-arktiese-en-antarktiese-see-ys-deur-martelize-brink
See-ys is vir die oseaan se ekosisteem soos grond vir die woud. Wanneer seewater koud genoeg word om te vries, verdryf dit sy sout, wat veroorsaak dat kanale in die ys vorm. Alge groei binne hierdie kanale en vorm ‘n integrale basis van die voedselketting.
Satelliet-gebaseerde data opnames van see-ys het in 1978 begin. Dit toon groot veranderinge in see-ys oor die afgelope dekades.




