Wat jy moet weet van artritis-siektes, al 7 episodes

Artritis-siektes deel 7: Artritis vrae, deel 2

Sekere artritismidels kan gebruik word in die behandeling van akute Covid. Hoe werk dit? Ons sluit die reeks oor artritis af, en begin die gesprek oor demensie.
Luister hier na die program: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/gesondheid/

Artritis-siektes deel 6: Artritis vrae, deel 1

Kan natuurlike middels help teen artritissiektes? Kan ‘n virus ‘n outo-immuunsiekte aanskakel? Is daar ‘n verband tussen artritis en Crohn-siekte? Prof. Helmuth Reuter beantwoord dié en ander luisteraarsvrae oor artritissiektes.

Artritis-siektes deel 5. Polimialgie

Eerstens kyk ons na die kortisoonbehandeling van polimialgie. Tweedens kyk ons na die tipiese eienskappe van ‘n bedrieër of swendelaar, wat ook die eienskappe van ‘n psigopaat, sosiopaat en narsis is.

Atritis-siktes deel 4. Spondilo-artritis, lupus en psoriatiese artritis

 

Artritis siektes deel 3: Rheumatoïede artrtis

Daar is die afgelope 30 jaar soveel vord

Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?

Gesondheid 26 Maart 2025: Atrtis-siektes: oorsig en Fibromialgie-behandeling

Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer.

Gesondheid 12 Maart 2025: Fibromialgie simptome en diagnose

Watter soort skandering kan die vet en spiere in jou liggaam meet? En hoe werk al die ander soorte skanderings soos X-strale, CT- en MR-skaderings? Ons kyk ook na fibromialgie, en hoe baie ander probleme uitgeskakel moet word vóór ‘n diagnose van dié pynsindroom gemaak kan word.

Trauma steek in jou lyf vas

Johan van Lill praat met Ronell Lemmer, ‘n kliniese sielkundige, oor hoe trauma in jou liggaam vassteek, en hoe jy weer balans kan vind. Hulle praat oor implisiete geheue, die twee kante van die senuweestelsel, en hoe jy uit ’n traumadraaikolk kan beweeg.

Sy deel praktiese hulpmiddels soos pendulasie, SIBAM en Ho’oponopono, en verduidelik hoe emosionele selfsorg en sagtheid jou veerkragtigheid kan herstel.

Luister hier: Geestesgesondheid 24 Junie 2025

Hoe werk breindood?

Mediese studente het die land se eerste Lifepod-waaksorgbed vir potensiële orgaanskenkers, wat ná ‘n ongeluk in die hospitaal breindood verklaar word, by die Tygerberg Hospitaal ingerig. Wat is breindood? En hoekom benodig ‘n breindood persoon spesiale sorg om sy organe aan die gang te hou vir skenking?
Mari Hudson gesels met prof Elmin Steyn, trauma- en oorplantingchirurg van Kaapstad.
Luister na die program: Gesondheid 16 Julie 2025

Vyfdejaar mediese student Jonty Wright in die Lifepod in die Tygerberg Hospitaal. Dit is die eenheid van sy soort om breindood orgaanskenkers te versorg.

Millenniërs herdefinieer nou wêreldwyd die werkplek

Millenniërs, of mense wat tussen 1981 en 1996 gebore is, beklee nou wêreldwyd die meerderheid van bestuurs- en leierskapsrolle. Navorsers sê dié generasie, wat met tegnologie grootgeword het, bring ’n nuwe etiek na die werkplek – een wat klem lê op empatie, balans en buigsaamheid. Dié benadering bring uitdagings, soos emosionele uitbranding en vae gesagstrukture.

Dr. Johan Beukes, ’n leierskap- en spanspesialis asook die stigter van Authentic & Leading Institute, praat met ons oor hoe millenniërs die wêreld van werk herdefinieer, en wat dit vir die geslagte rondom hulle beteken.

Luister na die gesprek.

Beskerm jou kind en sy brein teen skermtyd

Henk Fourie is ‘n IT-kenner en pa van vier kinders. Hy het die Offspring Technology-projek begin om ouers toe te rus om hulle kinders in ‘n digitale wêreld te beskerm. Hy praat oor die “gamefication” van opvoeding.
Luister hier na die gesprek.

Luister ook: 

Beskerm jou kind 24 Julie 2025

Henk Fourie praat oor Minecraft en Fortnite en Call of Duty en die gevaar wat in sulke speletjies verskuil is vir kinders.

Beskerm jou kind 17 Julie 2025

Henk Fourie praat oor Roblox en die toenemende misbruik van aanlynspeletjies deur predatore om kinders uit te lok om sensitiewe inligting te deel.

Beskerm jou kind 10 Julie 2025

Henk Fourie praat oor Cocomelon, en hoe breinwetenskap gebruik word om babas verslaaf te maak.

Beskerm jou kind 26 Junie 2025

Henk Fourie praat oor die gevaar van speletjies soos Cocomelon, Roblox, Minecraft en Fortnite.

‘n Liefdesgeskiedenis – ons ‘nuwe’ middagvervolgverhaal uit die argief

‘n Liefdesgeskiedenis is ons volgende middagvervolgverhaal.

Luisteraars kan vanaf Maandag 4 Augustus, weeksdae om 14:45 inskakel vir ‘n verhaal vol romantiese intrige. Luister weeksdae om 14:45 in op RSG, of aanlyn by rsg.co.za, na ‘n Liefdesgeskiedenis deur Cor Nortjé (1938 – 2020), met regie deur Margot Luyt (1984 – 2021) en Joanie Combrink.  Die episodes is ook na afloop van die uitsending op potgooi en Spotify beskikbaar

Dié argiefopname is ‘n juweel uit die ryk geskiedenis van radiovervolgverhale in Afrikaans. Dit is ook ‘n huldeblyk aan die groot geeste wat die weg gebaan het vir vervolgverhale om vandag nog te floreer.

Die regie van die 2008-opname is aanvanklik deur Margot Luyt behartig terwyl Joanie Combrink as regisseur opgelei is. Combrink het later die regie van die reeks oorgeneem. Luyt, wat vanaf 1978 by radio en televisie betrokke was, het ‘n groot rol gespeel in menige spelers en regisseurs se loopbane.

‘n Liefdesgeskiedenis is geskryf deur Cor Nortjé. Nortjé het diep spore getrap in radio sowel as televisie. Hy was ook ‘n  gerekende radiodramaskrywer. Erika Terblanche skryf in ‘n artikel op LitNet dat Nortjé vanaf 1968 tot 1972 Organiseerder: Afrikaanse radiodrama was. Sy skryfloopbaan het  radio- en televisiewerk ingesluit, en hy het verskeie boeke op sy kerfstok gehad. Hy het ook Regte studeer en is in 1985 as prokureur toegelaat. Die vervolgverhaal, ‘n Liefdesgeskiedenis, is  die eerste keer in 1979 op Radio Suid-Afrika uitgesaai.

Pieter van Zyl, een van die spelers in ‘n Liefdesgeskiedenis, onthou oor die eerste opnames in 2008: “Met die aanvang van die opnames het ek gesukkel om die regte aanslag te vind vir Louis Klopper Junior, die karakter wat ek vertolk het. Daar was ‘n effense gestremde, maar mooi en onskuldige kwaliteit aan hom. Margot Luyt, wat die regie van die eerste episodes behartig het, het vir my gesê daar is ‘n spesifieke gesigsuitdrukking wat hierdie karakter het. Ek herroep dit ná al die jare nog so goed toe sy deur die glasvenster van die regiekamer aan haar voorkop, tussen haar oë raak en sê : “Pieter, jy gaan hom hier kry”. Ek het onmiddellik verstaan wat sy bedoel.

By  nabetragting was ek weereens verstom deur die allesomvattende kwaliteit van radiowerk – dat selfs ‘n fisieke kenmerk in die stem (en dus in luisteraars se verbeelding) gestalte kry.”

Die storie en karakters
Die storie handel oor ‘n skrywer, Louis Klopper, wat ná twaalf jaar weer terugkeer huis toe vir ‘n nuwe avontuur as draaiboekskrywer.

Geskei, ietwat vervreem van sy gesin en onseker oor wat op hom wag, pak Louis die nuwe avontuur aan. Een van sy bekende boeke word in ‘n televisiereeks verwerk. Dis juis op ‘n televisiestel waar Louis sy vele talente ten toon stel wat tot ‘n warrelwind romanse lei, met verreikende gevolge.

Soos dit enige storie betaam is daar genoeg drama, intrige en hartseer om hierdie verhaal waarlik ‘n Liefdesgeskiedenis te noem.

Die spelers

Nic de Jager kan as Louis Klopper gehoor word, Susanne Beyers speel Louis se eks, Thérèse.

Die rolverdeling bestaan verder uit

Leon Kruger (Jan Klopper),

Pieter van Zyl (Louis Junior),

Nina Swart (Liz Klopper),

Roeline Daneel (Wilma Louwrens),

Francois Toerien (Peet Steyn),

Pedro Kruger (Ben Loots),

Marko van der Colff (Schalk de Villiers),

Frieda van den Heever (Nita du Toit),

Deon van Zyl (Wimpie Louw),

Thérèse Hulme (Joan du Toit),

Johan Nel (Fritz du Toit),

Freidrich Smit (Roelf du Toit) en

Stephanie Badenhorst (Ans Nel).

Lees gerus verder oor:

Cor Nortjé

Margot Luyt

Die soet en suur van die huwelik in die kollig met nuwe RSG Bekbasaar

JOHANNESBURG, 29 Julie 2025 – RSG is verheug om die bekendstelling van sy nuutste Bekbasaar (podcast) aan te kondig, Trou is nie perdekoop nie, ‘n weeklikse aanlynreeks wat die veelsydige reis van troues en die huwelik ondersoek.

Aangebied deur die geliefde radio- en TV-persoonlikheid, Eloise Cupido, en skrywer en akteur, Solomon Cupido, beloof dié bekbasaar om aan luisteraars insiggewende en hartroerende gesprekke oor alle aspekte van die huwelikslewe te bied.

Trou is nie perdekoop nie is ‘n eerlike en skreeusnaakse bekbasaar (spesialis-potgooi) oor verhoudings, liefde, troues en die dinge wat niemand durf erken nie. Met skerp humor en diep gesprekke delf die RSG aanbieder Eloise Cupido Solomon Cupido, saam met gaste en luisteraars, in die hart van wat dit beteken om lief te hê – en om verlief te bly. Dit is waar stories gedeel word, kultuur met die werklikheid bots, en tradisie bevraagteken word. Luisteraars kan uitsien na eerlikheid, prettige gesprekke, insigte wat jou sal verbaas en baie lag. Elke episode bring nuwe perspektiewe oor die dinge wat vir ons almal saak maak.

Met hul eie ervarings en openhartige perspektiewe sal Cupido2 luisteraars deur die vreugdes en uitdagings van die huwelikslewe lei, en kenners en ander paartjies uitnooi om hul stories en raad te deel.

“Ons is ongelooflik opgewonde om ‘Trou is nie perdekoop nie‘ na RSG luisteraars te bring,” sê Louise Jooste, RSG se Sakebestuurder. “Die huwelik is ‘n fundamentele deel van baie mense se lewens, en om Eloise en Solomon hierdie gesprekke te laat lei, is ‘n ware voorreg. Ons glo dat hierdie bekbasaar diep sal resoneer met ons gehoor, waardevolle insigte sal bied en sterker verhoudings sal kweek.”

Eloise en Solomon is welbekend in die toneel- en mediawêreld en is gereed om eerlike gesprekke te voer, wat deur hul entoesiasme vir dié nuwe bekbasaar bevestig word. “Geen onderwerp en gesprek is taboe vir hierdie bekbasaar nie! Enige onderwerp oor troues – ons praat daaroor! Onderwerpe wat sensitief mag wees, gebiede waar ons kan verbeter wanneer dit by die huwelik kom, die snaakse en die ongemaklike – ons is hier vir dit alles,” sê Eloise Cupido. “Deur ‘Trou is nie Perdekoop nie‘ hoop ons om ‘n ruimte te skep waar paartjies gesien kan voel, van mekaar kan leer en geïnspireer word om hul verhoudings te koester.” Solomon Cupido voeg by: “Ons wil ‘n oop dialoog oor die huwelik aanmoedig, mites verdryf en praktiese raad bied wat werklik ‘n verskil in mense se lewens kan maak.”

“Hierdie bekbasaar is werklik, snaaks en iets vars. Luisteraars kan uitsien na eerlike stories, skreeusnaakse oomblikke, ongemaklike waarhede, verrassings en die tipiese kampvuurklets, maar met ‘n bietjie meer wysheid,” voeg Solomon by. Eloise noem dat dit so verfrissend was om saam met Solomon te werk. “In ‘n bedryf wat so vroulik-gefokus kan wees, bring hy ‘n perspektief wat ek nie verwag het nie.”

Trou is nie Perdekoop nie” sal op Dinsdag 29 Julie 2025 bekend gestel word, met nuwe episodes elke Dinsdag. Jy kan luister op rsg.co.za, Spotify, YouTube en SABC+.