500 g droë boontjies
5 ml koeksoda
warm water om boontjies in te week
500 g beeskookvleis
100 g repiesspek, in stukkies gesny
1 ui, gesny
2 knoffeltoontjies, gekap
4 wortels, gerasper
50 ml Worcestersous
1 blikkie tamaties
5 ml knoffel and kruie-spesery
braaivleisspesery en sout na smaak
Bedek die boontjies en koeksoda met warm water.
Laat staan dit oornag sodat dit kan uitswel.
Jy kan die water drie keer afgooi en vervang met skoon water. (Doen dit slegs as jy krag het daarvoor het. Jy voeg die koeksoda nry eenkeer by die water, nie elke keer nie)
Braai die uie en knoffel tot halfpad gaar. Verwyder uit kastrol.
Braai die kookvleis en spek tot dit bruin is.
As jy n stoompot gebruik, voeg alles saam.
Bedek die boontjies en vleismengsel met water.
Stoom vir ongeveer ‘n uur tot die boontjies sag is.
Die sop is ook lekker om oornag in jou prutpot te maak, andersinds kook dit op die stoof tot die boontjies sag is.
Ek hou daarvan om die boontjies effens fyn te druk.
Laat staan dit vir ‘n halfuur sodat die sop dik kan word.
Bedien met vetkoek of warm brood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za