Koolslaai
1 x 400 g blikkie Lucky Star Sardyne in Soetrissiesous
1 ui, geskil en fyngekap
1 groot wortel, geskil en gerasper
1 geel soetrissie, ontpit en fyngekap
1 groen appel, stronk verwyder en in dun skyfies gesny
1 babarooikool, fyngesny
1 babagroenkool, fyngesny
2 sprietuie, skuinsgesny
handvol vars koljander, gekap
2 eeetlepels (30 ml) grondboontjies, grofgekap (opsioneel)
Slaaisous
2 eetlepels (30 ml) heuning
¼ koppie (60 ml) druiwesaad- of kanolaolie
¼ koppie (60 ml) appelasyn
1 eetlepel (15 ml) sojasous
1 eetlepel (15 ml) gladde grondboontjiebotter
1 vars knoffelhuisie
1 cm stukkie vars gemmer, geskil
Dreineer die sardyne en haal dit uitmekaar, maar behou die sous.
Koolslaai
Voeg die ui, wortel, soetrissie, appel, kool, sprietuie en die helfte van die koljander in ’n groot slaaibak.
Slaaisous
Voeg al die slaaisousbestanddele en die sardynsous in ’n voedselverwerker, en meng goed,
Gooi dit oor die slaaibestanddele en roer deur.
Plaas die sardyne bo-op en garneer met die oorblywende koljanderblare en grondboontjies.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za