logo_sabc_header

15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:30

Sondag met Fritz

Met Fritz Klaaste

Fritz Klaaste

Volgende: 17:30 - 18:00

Spesiale uitsending

Met Elsje van Jaarsveld

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Wen ‘n kajuit vir twee op die Oppiwater Kunstefees!

Een gelukkige luisteraar kan ‘n kajuit vir twee persone wen op die mooie MSC Musica en die Oppiwater Kunstefees. Ons vaar van Kaapstad na Namibië van 22 tot 27 Maart 2025. SMS die kodewoord, WATER, jou naam en van, e-posadres en jou stad of dorp na 45889. Elke SMS kos R1,50. Die sluitingsdatum is 31 Mei 2024 om 14:00. Die wenner word op Saterdag 1 Junie aangekondig tydens Brêkfis met Derrich. Bespreek nou jou kajuit met ‘n deposito van R3 000. Besoek www.oppiwater.co.za of skakel 011-844-6073. Bepalings en voorwaardes geld.

Oppiwater Bepalings en Voorwaardes

Internskap: Afrikaanse nuusbulletinskrywer

Die SAUK in Aucklandpark in Johannesburg het ‘n internskapsgeleentheid vir ‘n Afrikaanse nuusskrywer. Die minimumvereistes waaraan voldoen moet word, om aansoek te kan doen:

  • ‘n Graad in joernalistiek, mediastudies of ‘n soortgelyke kwalifikasie wat met sukses voltooi is
  • Afrikaans eerste taal skryf en praat
  • Sosialemedia-vaardigheid en die toepassing daarvan
  • ‘n Suid-Afrikaanse burger onder 35 jaar oud
  • Geen vorige internskapservaring in dié beroepsrigting nie

Alle aansoeke moet aanlyn gedoen word by die SAUK-Loopbaanportaal. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Sondag 19 Mei 2024.

Indien jy sukkel om jou aansoek in te dien, kan jy die SAUK se Menslike Hulpbronne-afdeling skakel by 011-714-8000.

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Elsje van Jaarsveld

Sondag: 17:30 - 18:00

Met raad en daad
In die laaste episode in die verkiesingsreeks, praat Elsje van Jaarsveld met Jacques Jansen van die OVK oor die aantal stembriewe wat kiesers vanjaar sal ontvang, en wat elkeen behels. Vanjaar se verkiesing verskil van vorige jare s’n, en kiesers sal ‘n ekstra stembrief ontvang.  Hulle veruidelik hoe die stemproses werk, en wat jy kan doen om te verhoed dat jou stembrief ‘n bedorwe stembrief is.

Johan van Lill

Sondag: 18:10 - 18:30

Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige, oor hoe om kinders leesgereed te kry, en watter vaardighede nodig is vir aanvanglees.

Susan Booyens

Sondag: 19:00 - 19:30

Susan Booyens praat met dr. Liesl Joubert, ‘n dosent in kerkgeskiedenis van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, oor die ontstaansgeskiedenis en kenmerke van die Katolieke Kerk.

Willie Koorts

Sondag: 19:30 - 20:00

Ons verrassingsgas het eers ‘n kursus in kinder en jeugsorg gedoen, toe teologie studeer, en uiteindelik ’n meestergraad in hoër onderwys verwerf.  Hy is ’n ensiklopedie van die geskiedenis van die enigste stad ooit wat twee internasionale sterrewagte gehuisves het, waarvan een in ’n wildreservaat. Ons praat ook met dr. Stefan Lotz van SANSA oor die rare skouspel wat verlede naweek in die hemelruim afgespeel het, naamlik die Aurora Australis, of te wel die Suiderligte.

Charl van Heyningen

Sondag: 21:10 - 23:00

Luister na musiek uit Die Towerfluit en Die Huwelik van Figaro van Mozart, Don Carlos en Otello van Verdi, I Puritani van Bellini, Hansie en Grietjie van Humperdinck en L’Assedio Di Corinto van Rossini. Van die sangers is Maria Callas, Beverly Sills, Placido Domingo, Luciano Pavarotti, Andrea Bocelli, Cesare Siepi, Piero Capucilli en die Tygerberg Kinderkoor.

Lise Roberts

Maandag: 05:25 - 05:55

Die LlimaLethu-bemagtigingsprojek is op boere in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gemik. Mihan Louw van African Seeds Group verduidelik hoe hulle en ander instansies 20 boere as deel van fase een van die projek bemagtig. Ons praat oor grondgesondheid met Kenny Beeton van Nutrico. Daar is verskeie faktore en praktyke in landbou wat goeie grondgesondheid kan verseker, en een hiervan is die gebruik van seewier.

Geen aanbieders

Maandag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 5
4: Wilma is bekommerd oor Ester wat so geheg aan die pratende robtiese babapop raak, en vra Jolene om die pop te kom haal. Manie vra Ryno om hom te help om die sportsakke met die geld en juwele uit dominee se Anglo-Boere-oorlog kelder te verwyder. ‘n Vyfde sterker aardbewing tref die dorp.

Geen aanbieders

Maandag: 19:20 - 19:30

Hiëna se gelag.

Fliekrubriek

baby-reindeer-1

Baby Reindeer (Reeks)

9/10
Jy mag nie BABY REINDEER op Netflix ignoreer nie. Hierdie skokreeks het die hele wêreld aan die praat. Jy…
sugar-1

Sugar (Reeks)

8/10
SUGAR op Apple+ is ‘n huldeblyk aan Film Noir, daardie donker filmgenre van die jare 40 en 50 waarin…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

hoenderkerrie
Saterdag 18 Mei 2024
Program: Saterdagresep
Close Menu