Shaksuka is ’n Midde-Oosterse gereg met eiers, wat in ’n sous van tamaties, brandrissie en uie geposjeer word. Ons het die brandrissie met paprika vervang vir ’n gereg wat nie so sterk is nie.
Shaksuka is ’n Midde-Oosterse gereg met eiers, wat in ’n sous van tamaties, brandrissie en uie geposjeer word. Ons het die brandrissie met paprika vervang vir ’n gereg wat nie so sterk is nie.
1 x 400 g blikkie Lucky Star Sardyne in Tamatiesous
kookolie, vir braai
1 ui, geskil en gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 teelpel (5 ml) paprika
½ teelepel (2,5 ml) suiker
1 x 410 g blikkie gekapte tamaties
1 x 410 g blikkie nierbone, gedreineer en afgespoel
½ bossie spinasie, stingels verwyder en opgekap (opsioneel)
sout en swartpeper, na smaak
4 eiers
1 klein bossie vars pietersielie, fyngekap
4 snye vars brood, lig gerooster (opsioneel)
Plaas die sardyne in ’n bak. Skep die helfte van die sardyne uit en hou vir later. Maak die ander helfte fyn met die sous.
Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan en voeg die uie en knoffel by. Braai oor matige hitte tot sag en goudbruin. Voeg die paprika en suiker by en laat karamelliseer vir ’n paar minute. Voeg die gekapte tamaties en ’n halwe blikkie water by en laat liggies kook tot sag, sowat 5 – 10 minute. Roer die nierbone en fyngemaakte sardyne by. Laat liggies prut tot die sous effens verdik. Roer die spinasie by (indien gebruik) en geur met sout en peper.
Verwyder van die hitte en gebruik ’n lepel om vier eweredige holtes vir die eiers te maak. Breek die eiers versigtig in elke holte en druk die oorblywende sardyne in die sous rondom die eiers. Strooi die helfte van die pietersielie oor en plaas terug op die hitte. Bedek en kook liggies tot die eierwitte gaar is en die eiergele is soos jy daarvan hou.
Verwyder van die hitte en sit net so voor in die pan saam met die oorblywende pietersielie as garnering en snye roosterbrood.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za