Gravadlax
600 – 800 g salm, met vel aan (min vet en grate verwyder)
¼ koppie ligbruin suiker
¼ koppie seesout
½ teeleper fyn witpeper
bossie dille fyngekap
Radyse
Takkie radyse ( omtrent 10)
½ koppie appelasyn
½ koppie water
1 teelepel sout
knippie witpeper
1 teelepel suiker
Meng die suiker, sout, peper en dille saam en vryf oor die visporsie.
Bedek losweg met kleefplastiek.
Plaas vis met vel na onder in n platterige bakkie.
Sit n houtbord bo-op met nog iets swaar bo-op.
Plaas in jou yskas vir 24 uur.
Verwyder enige vloeistowwe, en draai die vis om en herhaal die proses.
Sny in fyn skyfies en bedek met vars gekapte dille, en vinnige gepiekelde radyse.
Wenk: Hierdie is die ideale tyd, maar ek het al die tyd verminder na 12 uur vir elke draai.
Radyse
Was die radyse goed, sny stingels af en sny in dun skyfies.
Plaas in 'n glasfles.
Meng die asyn, water, sout, peper en suiker tesame en giet bo-oor. Plaas in die yskas vir 10 – 15 minute.
Draai fles na 5 minute om om seker te maak die suiker los op.
Wenk: Vir n vinniger resultaat – los die suiker in warm water op. Koel af tot kamertermparatuur en volg die resep verder soos gewoon.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za