400 g patats, gewas en in dik skywe van ½ cm gesny
Sous
2 x 170g blikkies Lucky Star tuna, gedreineer
kookolie, vir braai
1 ui, geskil en gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 wortels, geskil en gekap
250 g knopiesampioene, opgesny
2 takkies roosmaryn (plus ekstra vir garnering)
400 g klaarbereide pastasous (tamatie en basiliekruid werk die beste)
sout en swartpeper, na smaak
olyfolie, vir bedruip
2 eeetlepels (30 ml) broodkrummels
¼ koppie (60 ml) parmesaankaas
Plaas die patats in ’n pot met effens gesoute kookwater. Bedek en laat prut vir 5 – 6 minute of tot gaar. Dreineer en laat effens afkoel.
Sous
Verhit ’n bietjie olie in ’n groot kastrol en braai die uie en knoffel tot sag en goudkleurig. Roer die wortels, sampioene en roosmaryn by, en kook tot sag en effens verbruin. Roer die pastasous by en maak deurwarm. Geur na smaak. Voeg die tuna by en kook oor medium hitte vir 3 – 4 minute of tot warm.
Voorverhit die oond tot 200°C.
Plaas die helfte van die patats in ’n oondvaste bak. Giet die tunamengsel bo-oor. Rangskik die oorblywende patats bo-oor sodat die skywe effens oorvleuel. Bedruip met ’n bietjie olyfolie en strooi die broodkrummels en kaas oor. Plaas in die oond vir 10 – 15 minute tot deurwarm en goudbruin. Garneer met die ekstra roosmaryn en sit voor met ’n groen slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za