2 koppies water
2 koppies meel
2 eetlepels botter
3 eetlepels suiker
skil van een suurlemoen
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
1 eier, geklits
kaneelsuiker
baie olie vir diepbraai
Plaas die water, botter, suiker, suurlemoenskil en sout in 'n kastrol, en bring tot kookpunt.
Voeg die meel by terwyl jy heeltyd roer, en kook dit vir 5 minute.
Skep die deeg in ‘n bak, en meng die eier en bakpoeier in.
Gebruik jou hande om 20 cm stukke met die deeg te maak wat soos boerewors lyk.
Diepbraai dit tot goudbruin.
Haal dit uit die olie en dreineer dit op kombuispapier.
Sprinkel die kaneelsuiker oor.
Eet dit verkieslik warm.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za