Voeg ekstra voedingswaarde by hierdie gereg deur ’n halwe koppie cheddarkaas met die broodkrummels te meng vir die bolaag.
Voeg ekstra voedingswaarde by hierdie gereg deur ’n halwe koppie cheddarkaas met die broodkrummels te meng vir die bolaag.
1 x 400 g blikkie Lucky Star Sardyne in Tamatiesous
3 – 4 aartappels, geskil en in blokkies gesny
2 eetlepels botter of margarien
4 eetlepels melk
sout en gemaalde swartpeper
100 g gevriesde of blikkie gemengde groente, gedreineer
½ koppie sagte broodkrummels
Verhit die oond tot 200°C.
Smeer ’n bakskottel.
Kook die aartappels in kokende soutwater tot sag.
Dreineer goed, druk fyn saam met die botter of margarien en melk, en geur met sout en peper.
Keer die sardyne uit in ’n bak en breek in groot stukke in die sous op.
Meng die groente liggies by en geur met sout en peper.
Plaas die sardyn-en-groentemengsel in die bakskottel.
Bedek met die kapokaartappel.
Strooi die broodkrummels bo-oor en bak onbedek vir 20 – 30 minute tot bros en goudkleurig.
Sit voor met groente.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za