1,5 kg wildsboud
1 groot pers ui, fyngekap
4 eetlepels granaatekstrak of pruimstroop
1 eetlepel jenewerbessies, fyngedruk
½ eetlepel kaneel
klein takkie vars tiemie
2 groot takkies roosmaryn
sap van 3 suurlemoene
gerasperde skil van 3 suurlemoene
1 eetlepel mosterdpoeier
4 eetlepels olyfolie
sout en swartpeper
Meng al die bestanddele saam, en vryf die marinade in die boud in.
Plaas dit oornag in ‘n lugdigtehouer in die yskas.
Haal dit minstens ‘n uur voor die boud gebraai word uit die yskas, en laat dit teen kamertemperatuur in die marinade rus.
Verhit die oond tot 180 -200 grade Celsius.
Haal die boud uit die bak met marinade, en vryf sout en swartpeper in.
Verhit 4 eetlepels olyfolie in n pan en seël die boud vir n paar minute aan alle kante. Dit gee kleur en hou die sap binne.
Voeg die marinade in ‘n oondbak, en plaas die boud bo-op die marinade.
Bak vir 25 tot 30 min tot medium gaar.
Haal die boud uit en laat dit vir minstens 20 min rus voor jy dit kerf.
Voeg intussen 150 ml rooiwyn by die marinade en verhit dit stadig.
Roer dit met ‘n houtlepel en laat dit effens afkook.
Bedien die warm sous saam met die gekerfde boud.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za