Tuisblad | Top Stories | AS ONS TWEE EERS GETROUD is deur Gerhard J. Beukes

AS ONS TWEE EERS GETROUD is deur Gerhard J. Beukes

Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie ‘n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin” – bestaande uit ‘n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang – in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud? En wat kruip oor die kussing? Midde hierdie konsternasie probeer Malie en haar twee dogters, Santjie en Annelise, om van Oupa ontslae te raak. Sal die weduwee, mevrou Bloom, die stuitige oupa uit hulle pad en sake kry? Trix Pienaar en Johan van Jaarsveld vertolk die hoofrolle in hierdie lekkerlag-klug. Die ander spelers sluit in ‘n jong Jan Ellis as Kallie, en wyle Kitty Albertyn as mevrou Bloom.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: