Tuis | Kompetisies | RSG Sanlam Radiodramakompetisie vier ‘n kwarteeu

Die RSG Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie is vanjaar 25 jaar oud. Dié jaarlikse kompetisie kan bestempel word as die oudste dramakompetisie in Suid-Afrika wat Afrikaanse radiodrama bevorder en bekroon. Die prysgeld is vanjaar R115,000.  Die wendrama ontvang R50,000, die naaswenner R25,000 en die drama wat die derde plek beklee kry R15,000.  Die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15,000 ontvang.  ‘n Bykomende merieteprys van R10 000 word toegeken aan ‘n drama wat deur die beoordelaars gekies word uit die finaliste wat nie vir die vier topposisies kwalifiseer nie.  Buiten die prysgeld word die wendramas ook in 2022 op RSG uitgesaai. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Maandag 16 Augustus 2021.  Inskrywings kan per e-pos gestuur word na radiodrama@rsg.co.za. Laai die handleiding en skryfwenke hieronder af.

Luister na ‘n slypskool by https://iono.fm/e/1022999

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: