NG Kerk-twis draai dalk in hof

Dit wil voorkom of die onenigheid in die NG Kerk dalk op ‘n hofsaak kan uitloop nadat die kerk aangekondig het hy het ‘n regsmening ingewin oor die regsposisie van die kerk en die groep gemeentes wat hulleself wil losmaak van kerk en die Algemene Sinode. Die beswaardes in die kerk, wat ‘n tuiste in die Koinonia-sinode het, het luidens berigte geruime tyd reeds regsmenings ingewin en ‘n handvol gemeentes het hulle reeds losgemaak van die NG Kerk. Ons praat hieroor met die moderator van die NG Kerk, ds. Jan Lubbe, en ‘n dagbestuurslid van die Koinonia-sinode, dr. Johann Ernst.