Skrywers en boeke 20 Oktober 2021

Skrywer Erika Murray-Theron gesels openhartig oor haar nuwe boek, KOM ONS LOOP WEG: ONS PAD MET PARKINSONSIEKTE. Chris Karsten praat oor sy nuwe roman, GERUGTE VAN ‘N ONTVOERING. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel onder meer van die polemiek oor ‘n Franse letterkunde prys, ‘n interessante nuwe sosiale media tendens om boeke onder tieners te bemark, en ‘n nuwe bundel uit die pen van die Amerikaanse digter Louise Glück.