22:10 - 22:30

Islam in Fokus

Met Shahieda Carlie

Nou op die lug: 22:30 - 23:00

Musiek op RSG

Met Jacques Arendt

Jacques Arendt

Volgende: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

23:10 - 23:59

Tjil

Met Jacques Arendt

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Leefwêreld van die gestremde

Sondag 22 Augustus 2021

Leefwêreld van die gestremde 22 Augustus 2021

Fanie du Toit vertel van uitreikprogramme vir ouers van kinders met Downsindroom. Hoe hanteer mense verliese wat by geboorte en tydens ontwikkelingsjare ervaar word? Jacqui January praat met 'n belastingpraktisyn oor die kortings waarvoor mense met gestremdhede kwalifiseer. Sy hoor wie kwalifiseer en hoe hulle te werk kan gaan met die invul van opgawes.

Sondag 15 Augustus 2021

Leefwêreld van die gestremde 15 Augustus 2021

Fanie du Toit vind meer uit oor meervoudige sklerose en watter ondersteuning daar is vir diegene wat regstreeks geraak word. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwassenes wat serebraal gestremd is. Sy gesels met 'n NGO wat emosionele en finansieële ondersteuning bied aan dié inrigting.

Sondag 8 Augustus 2021

Leefwêreld van die gestremde 8 Augustus 2021

Fanie du Toit kyk na onderwys vir kinders met gestremdhede en ondersteuning vir hulle ouers. Jacqui January hoor van 'n gesin waar die ouers en hulle dogter blind is. Hulle vertel van hulle ervarings en stigmatisering.

Sondag 1 Augustus 2021

Leefwêreld van die gestremde 1 Augustus 2021

Fanie du Toit hoor van hulp van toerusting wat beskikbaar is ter ondersteuning van ouers en versorgers van mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met Yolande van Rooyen van die SA Gidshond Vereniging oor 'n inisiatief wat in dieselfde tyd as die Olimpiese Spele gebeur, en fokus op die vaardighede van gidshonde.

Sondag 25 Julie 2021

Leefwêreld van die gestremde 25 Julie 2021

Fanie du Toit vind meer uit van 'n sensitiseringsproses en bewusmakingsessie om mense te bemagtig om hulle houding teenoor mense met gestremdhede te verbeter. Jacqui January hoor die inspirerende storie van 'n jong vrou wat op sesjarige ouderdom begin blind word het. Sy het in haar skool- en universiteitsloopbaan daarop gefokus om so onafhanklik moontlik te wees.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: