07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Leefwêreld van die gestremde

Sondag 18 Julie 2021

Leefwêreld van die gestremde 18 Julie 2021

Fanie du Toit gesels met Gunter van der Berg wat as kind onder boelies deurgeloop het. Hy is vandag 'n persoon met 'n gestremdheid, is vol selfvertroue en het sy eie besigheid. Erica du Toit lewer 'n inset oor die doel van toegangklike parkering. Jacqui January hoor van 'n inisiatief om werkloosheid onder jongmense in die filmbedryf te verlig, en in die proses word jongmense met gestremdhede ook bevoordeel.

Sondag 11 Julie 2021

Leefwêreld van die gestremde 11 Julie 2021

Fanie du Toit gesels met Lise-marie Fourie en haar broer, die sanger David Fourie, oor die belangrikheid van die ondersteuning en liefde van familelede vir 'n persoon met 'n gestremdheid. Jacqui Janaury gesels met Vicki Fourie en haar ma Bonita. Vicki het gehoorinplantings, en vertel hoe die verpligte dra van maskers haar kortwiek as gehoorgestremde persoon.

Sondag 4 Julie 2021

Leefwêreld van die gestremde 4 Julie 2021

Fanie du Toit kyk na die impak van die ekonomiese toestand op 'n tehuis vir babas en kinders met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir horende persone om gebaretaal te leer verstaan, te interpreteer en om sodoende met dowes te kan kommunikeer.

Sondag 27 Junie 2021

Leefwêreld van die gestremde 27 Junie 2021

Fanie du Toit gesels met Marthe-Marie Kohne oor serebrale verlamming, en die werksaamhede van Abilities Without Limits.

Sondag 20 Junie 2021

Leefwêreld van die gestremde 20 Junie 2021

Fanie du Toit gesels met Marthe-Marie Kohne oor die uitdagings van haar lewe met serebrale gestremdheid.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: