07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Leefwêreld van die gestremde

Sondag 13 Junie 2021

Leefwêreld van die gestremde 13 Junie 2021

Fanie du Toit vertel van ‘n suksesstorie waar ‘n sakeman in die forensiese bedryf meer as redelike akkommodasie vir gestremdes in die werkplek skep. Jacqui January gee terugvoer oor konsepwetgewing wat nou van die baan is a.g.v. ‘n onderhoud op RSG en ander publieke deelname.

Sondag 6 Junie 2021

Leefwêreld van die gestremde 6 Junie 2021

Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat op 15-jarige ouderdom nie verbaal kon kommunikeer nie. Hy is vandag besig met sy doktorsdgraad en is 'n ambassadeur vir onderwys vir mense met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n tehuis wat al vir langer as 50 jaar mense met verstandelike gestremdhede versorg.

Sondag 30 Mei 2021

Leefwêreld van die gestremde 30 Mei 2021

Fanie du Toit hoor watter impak Covid-19 het op die grootste fondsinsamelingsinisiatief vir mense met gestremdhede, Loslitdag. Jacqui January hoor van aanpassings wat gemaak is aan die belastingeise wat ouers en versorgers van kinders met gestremdhede kan indien.

Sondag 23 Mei 2021

Leefwêreld van die gestremde 23 Mei 2021

Fanie du Toit hoor hoe die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede gestremdes in die arbeidsmark help. Jacqui January gesels met Kylah Beukes, ‘n ma met ‘n gestremde seun, wat ander bystaan om hulpmiddele soos bv. rolstoele te bekom.

Sondag 16 Mei 2021

Leefwêreld van die gestremde 16 Mei 2021

Fanie du Toit vind meer uit van die akademiese en praktiese bane by ‘n skool vir kinders met gestremdhede. Jacqui January gesels met ‘n voormalige Mej. Dowe SA oor haar idees om mense met gestremdhede te bemagtig om hulle stories te skryf, en haar as entrepreneur te vestig.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: