23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Monitor

Donderdag 15 Oktober 2020

Monitor 15 Oktober 2020 – Deel 1

Amptenare van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê die land se grense is in 'n swak toestand. Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, is in die Handelsmisdaadhof in Johannesburg borgtog geweier. Ons kyk na die verwagte rol van La Niña op die komende somerseisoen. Die grondonteieningskonsepwet is vandeesweek in die Staatskoerant gepubliseer - sal die konsep nou wetgewing word?

Woensdag 14 Oktober 2020

Monitor 14 Oktober 2020 – Deel 2

Boere in die Oos-Vrystaat praat uit tydens 'n ministriële besoek aan die gebied ná die moord op die plaasbestuurder, Brendin Horner.

Woensdag 14 Oktober 2020

Monitor 14 Oktober 2020 – Deel 1

Beskuldigdes in die Deacon-moordsaak word borgtog geweier. 'n meningspeiling wys dat Suid-Afrikaanse onderwysers bogemiddelde vlakke van spanning by die werk ervaar. 'n Trekvoël stel 'n nuwe vliegrekord op - 'n volle 12,000 km van Alaska na Nieu-Seeland!

Dinsdag 13 Oktober 2020

Monitor 13 Oktober 2020 – Deel 2

Misdade soos smokkelary, mensehandel, geldwassery en visstropery gedy in ons gebiedswater. Ons praat met met twee kenners oor die probleme aan ons kus, en waarom die Vloot dit nie kan stop nie. En wetenskaplikes waarsku dat 'n tweede opswaai in Covid-19-gevalle die volgende paar weke in Suid-Afrika kan voorkom.

Dinsdag 13 Oktober 2020

Monitor 13 Oktober 2020 – Deel 1

Die minister van polisie vergader vanmiddag met verskeie landbou-organisasies en ander rolspelers oor plaasaanvalle en ander kwelpunte. Politieke partye begin reeds hulle tande slyp vir volgende jaar se plaaslike en munisipale verkiesings, maar hoe betroubaar is diensleweringsyfers waarmee daar op veral plakkate en advertensieborde gespog word? Die AARTO-wet word na verwagting volgende jaar an krag - 'n kenner deel haar mening hieroor. En talle mense sukkel steeds om hulle bestuurderslisensies te hernu - hoe nou gemaak?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: