23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Sue Pyler-Slabbert

Sue Pyler-Slabbert

Volgende: -

-

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Monitor

Donderdag 22 Oktober 2020

Monitor 22 Oktober 2020 – Deel 1

Die Koalisie vir Begrotingsgeregtigheid vra vir 'n nasionale begroting wat menseregte in ag neem. Waterbeperkings word in Kaapstad opgehef. Skadebepaling word gedoen word ná die veldbrande in die Vrystaat. Die Swartland-hospitaal op Malmesbury is heropen nadat dit drie jaar gelede in 'n brand beskadig is.

Woensdag 21 Oktober 2020

Monitor 21 Oktober 2020 – Deel 2

In Frankryk se groot stede betoog burgers van alle klasse teen die dood van die geskiedenisonderwyser, Samuel Paty. Ons kyk in diepte na hoe die Suid-Afrikaanse samelewing met sy verskeie godsdiensgroepe vergelyk met dié van Europa. 'n Advokaat van Laingsburg beweer die polisie versprei valshede oor selfbeskerming. Ons by hoor by hom wat die wet sê oor jou reg om jou eiendom te beskerm. 'n Boervrou van die Clocolan-distrik in die Oos-Vrystaat is geskok, maar ongedeerd nadat sy Sondag 'n plaasaanval en ontvoering oorleef het - sy vertel haar storie vir ons.

Woensdag 21 Oktober 2020

Monitor 21 Oktober 2020 – Deel 1

Vrystaat Landbou vra vir voer- of brandstofskenkings nadat minstens 100-duisend hektaar in veldbrande in die provinsie verwoes is. Sowat 300,000 onderwysassistente gaan glo aangestel word om kinders te leer lees, maar is dit die oplossing vir die land se leesprobleem?

Dinsdag 20 Oktober 2020

Monitor 20 Oktober 2020 – Deel 2

'n Vredemaker vertel van sy Senekal-ervaring in die EFF-binnekring. Plastiekherwinning het die afgelope dekade met 56% in Suid-Afrika toegeneem. Natuurbewaarders sê hulle is bekommerd oor die wêreldwye afname in die uilbevolking. 'n Weervoorspeller praat oor die hittegolf oor groot dele van die land, en die kans op reën. Bejaardes wat alleen woon, kry baie swaar in grendeltyd.

Dinsdag 20 Oktober 2020

Monitor 20 Oktober 2020 – Deel 1

Die Johannesburgse Metroraad wil William Nicol-rylaan na Winnie Madikizela Mandela-rylaan hernoem. Die IMF voorspel 'n inkrimping van 4,4% vir die wêreldekonomie. ‘n Voormalige voorsitter van die Transnet-raad gee toe dat hy en sy raadslede onverantwoordelik opgetree het om wéér sy bestuurshoof, Siyabonga Gama, aan te stel.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: