18:10 - 18:30

Ons en die onderwys

Met Johan van Lill

Nou op die lug: 18:30 - 19:00

Aanddiens

Volgende: 19:00 - 19:30

Só glo ek - die verhaal van godsdiens

Met Susan Booyens

19:30 - 20:00

Sterre en planete

Met Willie Koorts

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Monitor

Maandag 2 November 2020

Monitor 2 November 2020 – Deel 2

Spanning is aan die oplaai op die vooraand van Amerika se presidentsverkiesing. Die Franse president Emmanuel Macron verdedig sy landgenote se reg om met vryheid te kan dink, skryf en teken. Die James Bond-akteur, Sean Connery, sterf op 90-jarige ouderdom.

Maandag 2 November 2020

Monitor 2 November 2020 – Deel 1

John Steenhuisen van die DA word met 'n oorweldigende meerderheid as die party se nuwe leier verkies, maar hy het lof vir sy opponent Mbali Ntuli. Kaapstad vra inwoners om betrokke te raak by 'n buitengewone opruimingsveldtog op strande in die provinsie.

Vrydag 30 Oktober 2020

Monitor 30 Oktober 2020 – Deel 2

Ontleders is bekommerd dat die besluit om nóg geld aan SAL te gee deur die kabinet geneem is en nié deur die Minister van Finansies nie. Minstens 240 Suid-Afrikaners kry daagliks 'n beroerte. Wat kan jy doen om jouself veilig te hou? Verskeie Midde-Oosterse lande staan op teen Frankryk ná die onlangse spotprentdebakel in die land.

Vrydag 30 Oktober 2020

Monitor 30 Oktober 2020 – Deel 1

Die EFF-leier se aanrandingsaak is tot volgende jaar uitgestel. Strenger kwotas is ingestel vir die kreefseisoen. Ons kry die jongste oor die omvang van die brandskade in dele van die Vrystaat. Onpadwaardige voertuie is volop in Afrika, maar hulle word in hierdie toestand aan mense verkoop?

Donderdag 29 Oktober 2020

Monitor 29 Oktober 2020 – Deel 2

Die Minister van Finansies, Tito Mboweni, word gekritiseer oor nog 'n finansiële reddingsboei vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Deur Suid-Afrikaanse produkte te koop, kan werksgeleenthede beskerm word. Yoshi die seeskilpad stuur sy laaste seine.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: