11:05 - 11:30

Leefwêreld van die gestremde

Met Jacqui January

Nou op die lug: 11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

Jody Hendricks

Volgende: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

13:00 - 13:05

Nuus

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Woensdag 25 Desember 2013

OLIFANTIE deur PJ Haasbroek

Daar is Indiese olifante en die Afrika olifante. Hulle word onderskei deur hulle grootte en veral die grootte en vorm van hulle ore. Die Afrika olifant se slurp het twee vingers teenoor die Asiese olifant se een vinger. Ou Voortrekker, die olifantbul, is 'n Afrika olifant en meer spesifiek 'n woestynolifant. Die olifant se grootste vyand is die mens. Hulle word hoofsaaklik gejag vir hulle tande. Olifante is intelligente, sensitiewe diere en liefdevol teenoor mekaar. Vir Bill Scoombie, 'n bloeddorstige jagter, is al hierdie feite van minder belang. Hy wil sy trofeebul doodskiet en klaar. Die vraag is of Koos en Joan ou Voortrekker se lewe, en daarmee saam die res van die Olifante in die Ugab, se lewens sal kan red. Sonder 'n teelbul is die olifante verdoem tot uiteindelike uitwissing.

Woensdag 25 Desember 2013

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie

'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

Dinsdag 24 Desember 2013

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie

'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

Dinsdag 24 Desember 2013

STERREKYKERS deur Flip Loots

Drie mense beleef 'n eienaardige Oukersaand op straat voor 'n supermark.

Donderdag 19 Desember 2013

DIE IDEALE MINNARES deur Niel Steenkamp

Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot...

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: