00:00 - 05:25

Deurnag (Dinsdag)

Nou op die lug: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

Lise Roberts

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 20 Junie 2013

STILLEWE deur sir Noël Coward

‘n Stukkie steenkoolstof beland in ‘n vrou se oog. ‘n Dokter help haar op ‘n besige stasie om die irritasie uit haar oog te kry. Dit is liefde met die eerste oogopslag. Die probleem is egter dat albei “gelukkig” getroud is. Hoe hanteer hulle hierdie oorrompelende én geheime liefde sonder om hul eie lewens te verwoes?

Donderdag 13 Junie 2013

OFFER deur Charles J. Fourie

Offer is ‘n drama wat in die koudste maand in Suid-Afrika uitgesaai word. Die koue word as leitmotief kundig deur die dramaturg aangewend. Errol Hendriks (Dean Balie) en Japie van Blerk (De Klerk Oelofse) se lewensverhale speel af teen ‘n koue tydperk in menseverhoudings en die geskiedenis van Suid-Afrika. Japie en sy suster Rachel (Hannah Borthwick) trotseer as kinders die koue, aangevuur deur hul pa Marinus (Johann Nel) en afsydige ma Sandra (Susanne Beyers) in ‘n snelveranderende land waar Errol, die bomplanter, na jare terugkeer vir heling en toevallige kennismaking met die verskrikte Japie, wat vyf swartmense afgemaai het en dan op ‘n eetstaking gaan. Lourens de Waal (Deon Lotz) is as joernalis die blinde Errol se stok. Hy lei hom deur blootstelling aan die Van Blerk-gesin se situasie na insigte en versoening, maar vir beide partye met erge verliese en diep opofferings. Die regisseur Johan Rademan gebruik die sleutels van Racheltjie de Beer en Eugène Marais se gedig WINTERNAG om stuwing te gee aan die koudheid wat die drama vra en verg. Dit is ‘n filosofiese drama wat jou peinsend sal laat oor wat was, wat is en wat nooit weer behoort te gebeur nie.

Donderdag 6 Junie 2013

BY VERLIES AAN WOORDE deur Fanie Viljoen

Xander is ’n skrywer op soek na rus en stilte op die platteland, maar sy nuwe buurvrou laat hom nie een oomblik met rus nie. Mia se dominerende aard herinner hom gevaarlik baie aan sy gewese vrou en die houvas wat sy op hom gehad het. Hy probeer juis herstel van die traumatiese egskeiding. André Stolz, Heidi Mollentze en Sulette Thompson vertolk die rolle. Fanie Viljoen se vorige radiodramas is Die losprys, Agter geslote deure en Die handtekeningjagter. Hy is ook ‘n bekroonde jeugboekskrywer.

Donderdag 30 Mei 2013

TOT SIENS DENISE deur Mari Snyman

Colin val sy lewe lank rond en drink om sy ellende te probeer verwerk. Hy is weer eens in ‘n tronksel vir die nag om sy roes af te slaap. Hy is alleen. Sielsalleen. Maar dan hoor hy ‘n bekende stem wat sê, “Ek is hier. Jy ken my. Dis Denise”. Hy besef hy is nie alleen nie. Of is hy? Colin word noodgedwonge gekonfronteer met sy kinderjare wat allesbehalwe rooskleurig was en leer uiteindelik om eerlik te wees met homself en om hom te aanvaar nes hy is. Maar eers moet hy aanvaar wie en wat Denise is - of was. Denver Vraagom speel die rolle van Colin en sy alter ego, Denise.

Donderdag 23 Mei 2013

MY JAPAN deur Schalk Schoombie

Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak en het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit toe in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk en toe weer as radiodrama. In hierdie drama word die verwoestende gebeure deur verskeie karakters se oë uitgebeeld word. Tegnies en akoesties is dit een van die mees ingewikkelde produksies nog op radio en regisseur Leon van Nierop en sy tegniese span, waaronder Karen Gravett, moes ure lank voorberei aan veral die tsoenami-byklanke wat nog nie tevore op radio gebruik is nie. Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen speel die hoofrolle teenoor Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula Vorster.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: