07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Wie is ek?

Met Lise Swart

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 27 Desember 2012

LIEFIE EN POPPIE SE TJOP-TJOP JOPPIE deur Olaf van Renen

Daar is drama in ‘n gesinsonderneming waar daar gemuit, gestaak en demand word. Almal voel daar word teen hulle gediskrimineer en die vroue gebruik ‘n gevreesde tegniek om die mans tot insig en oorgawe te dwing. Hoe laag kan ‘n man daal, of in dié geval, ‘n vrou? In hierdie guitige drama word gender en generasie as temas in ‘n moderne verwikkelde Suid-Afrika aangepak. Dit kan sensitiewe luisteraars ontstel – satire en komedie word vermeng en binne die Suid-Afrikaanse konteks gelewer wat noodwendig politieke en kulturele verwysings bevat. Slegs vir volwassenes.

Donderdag 13 Desember 2012

MISDAAD EN STRAF deur Feodor Dostojefski

Rodion Raskolnikof is ‘n arm student in St. Petersburg en droom van die volmaakte misdaad. Hy vermoor ‘n ou weduwee met ‘n byl en steel haar juweliersware, maar glo dat hy bo die sedewette verhewe is en nie regtig vir sy misdaad sal boet nie. Rodion word deur armoede gedryf en glo dat as hy die geld wat hy vir die juweliersware ontvang vir ‘n goeie doel aanwend, hy nooit gestraf sal word nie. Sal hy met sy gruweldaad kan wegkom? Hierdie klassieke roman is die eerste keer in 1866 gepubliseer en word bestempel as een van die grootste werke in wêreldletterkunde. Dit is vir die radio verwerk deur Stefan Odell en in Afrikaans vertaal deur Fritz van der Merwe. Dit is in 1950 opgevoer onder spelleiding van Anna Neethling-Pohl.

Donderdag 1 November 2012

TEERLING – DIE OPBLAASMATRASSIE deur PG du Plessis

Die drama beeld die emosionele verhouding van ‘n kinderlose egpaar uit. Hy het uitgeboer en hulle beland noodgedwonge in karige omstandighede in ‘n losieshuis in die stad. Verwyte word links en regs uitgedeel.

Donderdag 11 Oktober 2012

JONAS deur Daleen Kruger

Jonas is ’n mens-dier wat op ’n dag in die water by ’n ou walvisstasie verskyn en onder ’n klein vissersgemeenskap aan die Kaapse Weskus kom woon om hulle te waarsku dat hulle besig is om die visbronne uit te put. Boeta, verteenwoordiger van die totale vissersgemeenskap, glo dat die kwotastelsel teen hulle diskrimineer en hulle dwing om onwettig op te tree, deur byvoorbeeld in verbode broeigebiede te gaan visvang. Uiteindelik word die konflik tussen Bewaring en Benutting op die spits gedryf wanneer Boeta sy woede en frustrasie nie meer kan beteuel nie. Daar is interessante parallelle met die Christusverhaal, wat meebring dat die verhaal nie net tot omgewingsbewustes sal spreek nie. Die spelers is Travis Snyders, Theresa Cloete, Royston Stoffels, Charlton George, Marlo Minnaar en Riaan Visman.

Donderdag 28 Junie 2012

BEHOORT deur Saartjie Botha

Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: