11:30 - 12:00

Regsake

Met Igna Klynsmith , Veronique van Heyningen

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Suzanne Paxton

Volgende: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Woensdag 24 April 2013

BEHOORT deur Saartjie Botha

Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.

Donderdag 18 April 2013

JOHN BIRKENHEAD deur SD Fourie

Die Birkenhead, haar majesteit se troepeskip, vertrek vroeg in 1852 vanaf Cork na Algoabaai. Aan boord is nie alleen tien regimente nie, maar ook vroue, kinders en agt trommels goud, wat as soldy vir die soldate bedoel is. Daar word vandag nog bespiegel oor wat van die goud geword het.

Donderdag 11 April 2013

VLUG deur Ingrid Penzhorn

Wim en Anja besluit om na Kanada te emigreer, maar wie se idee was dit? Hoe onskuldig is Wim se vriendskappe met verskeie mense, onder andere hulle reisagent. Anja het baie om agter te laat - haar pa, haar ma wat in ‘n inrigting is, en dan die feit dat die universiteit haar aanvaar het vir ‘n kursus wat sy graag wil doen en wat haar sal help om haar eintlike ambisie, om te skryf, te vervul. Vertrou sy Wim genoeg om alles wat sy het op te offer en saam met hom in ‘n vreemde land te gaan bly?

Donderdag 4 April 2013

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis

TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis

Vrydag 29 Maart 2013

AS VUUR SKOON BRAND deur Helena Hugo

Jaco en Melissa is van Johannesburg af op pad na sy pa se veeplaas iewers tussen Vryburg en Kuruman. Die veld het tot in die aarde verbrand. Koos het by die dood omgedraai en Stienie waak langs sy bed. Faan en Christine probeer red wat te redde is. Die atmosfeer op die plaas is neerdrukkend. Sal hulle weer uit die as kan opstaan? Of het die vuur die finale woord?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: