07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Gustav Greyling , Renske Jacobs

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Regsake

Met Igna Klynsmith , Veronique van Heyningen

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Radioteater

Donderdag 16 Mei 2013

MIS deur Reza de Wet

“Sien is glo,” sê die konstabel, met sy wit kierie, aan sy verbaasde toehoorders. Verlustig jou in hierdie “sprokie” vir oud en jonk, wat jou sal laat nadink en bespiegel. Die uitdagende vrouerolle word vertolk deur Isadora Verwey, Marga van Rooy, Annaliesa Weiland (wat haar debuut as radio-aktrise maak) en Lelia Etsebeth. Dis ook ‘n voorgeskrewe werk vir hoërskole.

Donderdag 9 Mei 2013

GLASKAS deur Ireneusz Iredynski

‘n Middeljarige aktrise beland in die hospitaal ná ‘n mislukte selfmoordpoging. Hier deel sy haar lewensverhaal, anekdotes oor haar loopbaan en gebeure uit haar kinderjare met ‘n jong psigiater. Wilna Snyman het in 1991 die Radio Artes gekry vir beste spel deur ‘n aktrise in ‘n dramatiese werk vir haar vertolking van die aktrise teenoor Nic de Jager.

Donderdag 9 Mei 2013

Radiodramaslypskool

Kobus Burger leer jou hoe om 'n radiodrama te skryf.

Donderdag 2 Mei 2013

ONS GAAN HUIS TOE deur William Oosthuizen

William Oosthuizen het met hierdie debuutwerk van hom die eerste plek verwerf in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie. Dit is die verhaal van 'n vrou wie se dogter op die ouderdom van 18 die huis verlaat en later weer onverwags opdaag.

Donderdag 25 April 2013

VEERTIG DAE deur Wilken Calitz

Wat gebeur wanneer ‘n klomp skoolseuns besluit om ‘n kosbare Pierneef-skets te steel as deel van die sogenaamde 40 Days in matriek? Dit wys presies wie hulle eendag sal wees wanneer hulle volwasse is. Maar watter rol speel die volwassenes, wat veronderstel is om hulle leiding te gee, in hierdie diefstal – wetend of onwetend?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: