Volgende: 21:00 - 21:10
Nuus & Weer
Soek nog potgooi
Regsake
Maandag 5 Januarie 2015
Regsake 5 Januarie 2015
Igna Klynsmith verduidelik die voor- en nadele daarvan om vakansie-eiendom in jou eie naam, of in 'n trust te koop.Hy bespreek ook 'n hofsaak waarin beslis is dat slegs geregistreerde bouers vergoeding mag ontvang. As jou besigheid swaar trek, moet jy ook luister hoe werk ondernemingsreddingsverrigtinge wat kan verhoed dat jou besigheid gelikwideer word.
Maandag 29 Desember 2014
Regsake 29 Desember 2014
Igna Klynsmith kyk terug op 2014 se opspraakwekkendste hofsaak, en na strenger SEB-maatreëls wat in 2015 ingestel sal word.
Maandag 22 Desember 2014
Regsake 22 Desember 2014
Igna Klynsmith gee 'n uiteensetting van hoe die reg van toepassing op Moslemhuwelike ontwikkel het. Hy verduidelik ook hoe gesinsverantwoordelikheidsverlof werk, en of 'n trust 'n onafhanklike trustee moet hê.
Maandag 15 Desember 2014
Regsake 15 Desember 2014
Wanneer iemand egbreuk gepleeg het met jou man of vrou, kon jy histories 'n hele paar regsaksies teen daardie persoon instel. Igna Klynsmith bespreek watter van hierdie aksies vandag nog bestaan en watter in onbruik verval het.
Maandag 8 Desember 2014
Regsake 8 Desember 2014
Igna Klynsmith gesels oor bystand tot selfmoord. Hy sit uiteen hoe verskillende lande se regstelsels dit hanteer, en bespreek die jongste tendense.
Top Stories
POTGOOI (aanddiens)
INTERAKTIEF
- SMS 45889 (R1,50 per SMS)
-
WhatsApp 076-536-6961
(slegs stemboodskappe) - Teken in op nuusbrief