23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Regsake

Maandag 27 Oktober 2014

Regsake 27 Oktober 2014

Igna Klynsmith verduidelik die verskille tussen voorkeur- en gewone aandele, en bespreek wie aanspreeklik is vir skade veroorsaak deur 'n waterlek in 'n woonstelgebou. Hy verduidelik ook aan die hand van 'n hofsaak hoekom dit so belangrik in die strafreg is dat 'n beskuldigde die voordeel van die twyfel moet kry.

Maandag 20 Oktober 2014

Regsake 20 Oktober 2014

Rina Gunter gesels oor die registrasie van handelsmerke, industriële modelle en outeursreg. Hoe beskerm jy jou outeursreg op 'n liedjie of gedig wat jy geskryf het?

Maandag 13 Oktober 2014

Regsake 13 Oktober 2014

Patenteprokureur Rina Gunter gee raad aan uitvinders oor hoe om die regte op jou patente te beskerm en geld daaruit te maak. Sy gesels ook oor bekende Suid-Afrikaanse uitvindsels waarop ons met reg trots kan wees.

Maandag 6 Oktober 2014

Regsake 6 Oktober 2014

Igna Klynsmith gee raad oor wat om te doen as jy voel jy word seksueel by die werk geteister. Hy gesels ook oor probleme met vakansieklubs en tyddeelskemas, en verduidelik hoe werk skuldlose aanspreeklikheid ten opsigte van defektiewe produkte.

Maandag 29 September 2014

Regsake 29 September 2014

'n Patentprokureur, Rina Gunter, vertel waaraan 'n uitvindsel moet voldoen om as patent geregistreer te kan word en watter stappe 'n mens moet volg as jy iets as nuwe patent wil registreer.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: