10:00 - 10:05

Nuus

Nou op die lug: 10:05 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Johan Rademan

Volgende: 11:00 - 11:05

Nuus

11:05 - 11:45

Saterdagresep

Met Sue Pyler-Slabbert

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 8 Augustus 2012

8 Aug 2012

Corina van der Spoel gesels oor die jongste boekenuus.

Woensdag 1 Augustus 2012

1 Aug 2012

Daar is nuus oor die Booker-prys langlys waarop André P. Brink se nuwe roman, Philida, is. Daar is ‘n kort bespreking van vier nuwe Afrikaanse ligte romans met Christelle Webb-Joubert. Daar’s ‘n onderhoud met Leti Kleyn, medesamesteller van ‘n nuwe Afrikaans skryfgids en handleiding vir voornemede skrywers. Terrance April vertel meer oor die digter Kelvin Sole. Willie Burger praat in sy gereelde rubriek oor aspekte van die roman oor die proloog. Joan Hambidge gesels met Carina Stander oor haar debuutroman, Wildvreemd.

Woensdag 25 Julie 2012

25 Jul 2012

‘n Paar romans waarin die Olimpiese Spele ‘n rol speel, word bespreek. Daar is ‘n gesprek met PG du Plessis wat die Helgaard Steyn-prys gekry het vir sy roman, Fees van die Ongenooides. Hy gesels oor die vertaling van die boek waaraan hy nou werk en ook waarmee hy hom tans besig hou. Die digter Wopko Jensma sou op 26 Julie 73 jaar oud gewees het en daar word gekyk na sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse letterkunde en protesliteratuur. Terrance April het sy gereelde bydrae oor ‘n skrywer uit Afrika – vandag gee hy meer inligting oor die skrywer Veronique Tadjo wat oorspronklik van die Ivoorkus kom. Ten slotte is daar ‘n onderhoud met prof. Andries Oliphant oor die struggle-letterkunde van die jare 70 en 80, veral met betrekking tot die uitgewerye en skrywersverenigings van daardie tyd. Hy praat oor die reg van die skrywer om aanstoot te gee en satiriese bespottings te maak, maar ook oor die verantwoordelikheid van die skrywer om fyn te dink.

Woensdag 18 Julie 2012

18 Jul 2012

Twee groot stemme uit die Afrikaanse en Nederlandse literêre geledere het stil geword – dié van Gerrit Komrij en PH Nortjé. Anke Marais (14jr) van Kaapsche Hoop vertel hoekom sy so baie hou van The Hunger Games, ‘n trilogie van jeugboeke wat al weke op die beste verkooplys is. ‘n Gesprek met Willie Burger oor die literatuur en hoe stories inmekaar steek – hierdie keer oor openingsinne. Terrance April vertel meer oor die skrywer Wole Soyinka. In die laaste gedeelte van die program gesels die bekende letterkundige Joan Hambidge met die skrywer André le Roux. Hy is digter, romanskrywer, rubriekskrywer en ‘n eerlike op-die-man-af-verteller. ‘n Onlangse gedig wat op die internet verskyn het, word ook voorgelees.

Woensdag 11 Julie 2012

11 Jul 2012

Johan Badenhorst, vervaardiger van die Voetspore TV-programme, vertel van sy oudioboek, DRIE REISIGERS EN VALIANT SWART VAT WEER DIE PAD. ‘n Bonus in die program is ‘n voorlesing deur Dana Snyman van een van sy stories wat op die luisterboek verskyn. Joan Hambidge gesels met die bekroonde Nederlandse vertaler, Riet de Jong-Goosens, oor hoe daar besluit word op ‘n vertaling en die probleme waarmee die vertaler worstel. Hulle gesels oor die “valse vriende” tussen Afrikaans en Nederlands, die lesersgehoor in Nederland en die verskillende leessmake van die Afrikaanse en Nederlandse leser. Corina van der Spoel gesels met Riette Zaayman wat hoof is van die argiewe en spesiale versamelings by die biblioteek van die Universiteit van Johannesburg. Sy vertel van besondere boeke in die biblioteek en oor ‘n handgeskrewe manuskrip van die skrywer Eugene Marais wat onlangs aangekoop is vir die spesiale versameling.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: