13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Derrich se Jam

Met Derrich Gardner

Derrich Gardner

Volgende: 15:00 - 15:05

Nuus

15:05 - 17:30

Sondag met Fritz

Met Fritz Klaaste

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 29 Januarie 2014

29 Jan 2014

Ilse Salzwedel gesels met die skrywers ANNELIE FERREIRA en ALTA CLOETE. In die gereelde bydrae oor die skryfkuns verduidelik LETI KLEYN hoekom beplanning belangrik is wanneer jy skryf. JOHAN MYBURG gesels oor die internasionale letterkunde, en Terrance April se Afrikaskrywer vandeesweek is TSITSI DANGAREMBA.

Woensdag 22 Januarie 2014

22 Jan 2014

Ilse Salzwedel bring hulde aan Hennie Aucamp wat vandeesweek sy tagtigste verjaarsdag vier. Sy gesels met prof. Andries Visagie (UP), prof. Louise Viljoen (US) en prof. Helize van Vuuren (NMM) oor sy werk. Daar is ook argiefopnames van ʼn veel jonger Aucamp wat een van sy gedigte voorlees en ʼn voorlesing van ʼn Bruidsbed vir Tant Nonnie, een van Aucamp se bekendste verhale. Amanda Strydom sing Fanie en Bettie, een van die liedjies uit Aucamp se kabaret, 'n Vuur gevang in glas.

Woensdag 15 Januarie 2014

15 Jan 2014

Corina van der Spoel gesels met Shaun Viljoen en Basil Apolis oor Shaun se boek Richard Rive: a partial biography. Die Afrikaskrywer van die week is Buchi Emeceta, en Johan Myburg is terug met sy gereelde insetsels oor internasionale letterkunde.

Woensdag 8 Januarie 2014

8 Jan 2014

Ilse Salzwedel gesels met prof. Wille Burger oor Etienne Van Heerden se roman KLIMTOL. Prof. Thys Human gesels oor Abraham H. de Vries se kortverhaalbundel WIE SNOEI DIE ROSE IN DIE NAG? Johan Myburg vertel meer oor nuwe werk van wyle J.D. Salinger wat onlangs ontdek is. Die Afrikaskrywer van die week is Cyprian Ekwensi.

Woensdag 1 Januarie 2014

1 Jan 2014

Ilse Salzwedel gesels met twee topverkoperskrywers: Deon Meyer, spanningsverhaalskrywer gesels oor KOBRA, sy jongste roman, en Kristel Loots, skrywer van onder meer SUSHI EN SJAMPANJE, gesels oor haar werk en verduidelik ook wat die verskil is tussen chick lit en ander liefdesverhale.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: