23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Sondag)

Volgende: 06:00 - 06:10

Nuus & Weer

06:10 - 06:55

Oggendstemming

Met Tharien Oosthuizen

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Skrywers en Boeke

Woensdag 4 Julie 2012

4 Jul 2012

Daar is nuus oor wat jy op die Boekefees by die Vryfees in Bloemfontein kan verwag. Marita van der Vyver vertel meer oor watter boeke sy graag lees en die letterkundige Willie Burger vertel hoe stories werk. Terrance April praat oor die skrywer Can Themba. Die skrywer TT Cloete het onlangs 88 jaar oud geword. Hierdie literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker is ‘n merkwaardige figuur op die Afrikaanse literêre toneel. Joan Hambidge gesels met hom oor sy gewildheid, die aard van die digkuns en wat hy lees ter inspirasie. Hy lees ook sy gedig ANNA voor.

Woensdag 27 Junie 2012

27 Jun 2012

Corina van der Spoel praat met Wilna Pretorius, sekretaris van die Potchefstroomse leesunie, ‘n leeskring wat reeds 50 jaar bestaan. Die skrywer Marlene van Niekerk se roman AGAAT is in Sweeds vertaal en is reeds vir vyf weke die topverkoper in dié Skadinawiese land. Sy vertel hoekom sy dink die Swede so baie van die boek hou en wat die toekoms vir ernstige Afrikaanse literatuur is. Andries Visasie praat oor die ontvangs in die pers van Johan de Lange se digbundel, DIE ALGEBRA VAN NOOD, waarmee hy die Herzogprys in 2011 gewen het. Die debuutskrywer, André Kruger, praat oor sy eersteling boek DIE TWEE LEWENS VAN DIETER ONDRACEK pas verskyn het.

Woensdag 20 Junie 2012

20 Jun 2012

In Boekenuus word daar gesels oor Internasionale Kortverhaaldag op 20 Junie en om dit te vier is daar ‘n gesprek met Jeanette Ferreira, skrywer en ook samesteller van twee nuwe kortverhaalbundels (Grensoorlogstories en Boere-oorlogstories 2). Daar is Terrance April se gereelde bydrae oor skrywers van Afrika waarin hy meer vertel van die Johannesburgse skrywer Chris van Wyk. Daar is ook ‘n gesprek met die letterkundige Willie Burger oor stories en hoe hulle werk. En dan gesels Joan Hambidge met die digter Louis Esterhuizen oor die Versindaba-webblad, oor wie nog gedigte lees of koop en die vakmanskap van die digkuns. Daar word ook gesels oor sy jongste digbundel, Amper elders.

Woensdag 13 Junie 2012

13 Jun 2012

Daar word gekyk na die belang van die pasgestorwe Amerikaanse wetenskapsfiksie-skrywer, Ray Bradbury, en daar is ‘n gedeelte van die kortverhaal, The Cold Storage Club van Ivan Vladislavic, wat voorgelees word. Corina van der Spoel praat met Otto Liebenberg, die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en navorsingsentrum (NALN), oor die museum in Bloemfontein en hoe die digitale toekoms vir hulle lyk. Die navorser en letterkundige, Irma du Plessis, vertel van haar ervaring om in die argiewe van NALN te werk.

Woensdag 6 Junie 2012

6 Jun 2012

In Boekenuus kan jy hoor wat die akteur Tobie Cronje lees en daar is nuus oor ‘n boekbind-en herstelkursus by die Taalmuseum in die Paarl. ‘n Bemarker van Exclusive Books gesels oor die Homebru Promosie en hoe dit gaan met Afrikaanse boeke by dié winkelgroep. Joan Hambidge gesels met die literator, digter, vertaler en kortverhaalskrywer Henning Pieterse oor die UP Winterskool en die funksie van skryfskole. Kan ‘n mens iemand leer om te skryf? Daar is ook ‘n nuwe rubriek van kort gesprekke met Willie Burger, letterkundige van die Universiteit van Pretoria, oor stories en die storie agter die storie. In die eerste gesprek word daar gekyk na wat dit is wat fiksie van nie-fiksie onderskei.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: