23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Maandag 6 Desember 2021

Spektrum 6 Desember 2021

Die NVG-hoof ontken dat daar probleme by die vervolgingsgesag is nadat die hoof van die onafhanklike ondersoekdirektoraat bedank. Vyf-en-sestig mense word steeds vermis nadat hulle vir R17,000 elk verkoop is. 'n Ethiopiese burger is intussen in Gauteng hegtenis geneem vir mensehandel. Suid-Afrikaners bly vasskop teen Shell se planne om seismiese opnames aan die Oos-Kaap se Wildekus te doen. Die ongeluk wat vier lewens eis in die aanloop tot Netbal Suid-Afrika se nasionale kampioenskap, laat diep wonde op oorlewendes. Ons hoor hoe lank dit nog gaan reën oor groot dele van die land.

Vrydag 3 Desember 2021

Spektrum 3 Desember 2021

Ons kry die jongste nuus oor die blokkades op die N3-snelweg. Ons praat met die burgemeester van die Modimolle-Mookgophong munisipaliteit oor haar toekomsplanne. SA Brouerye maan mense om nie te drink en bestuur nie. Dertig witrenosters vind 'n nuwe tuiste in Rwanda. 'n Olimpiese atleet verruil haar spies vir 'n krieketkolf.

Donderdag 2 Desember 2021

Spektrum 2 Desember 2021

Kenners meen die vierde vlaag Covid swiep reeds deur Gauteng - ons vind uit of die syfers dit staaf. Mense verloor al hulle werk omdat hulle nie wil inent nie. Nuwe navorsing wys huishoudings kan hulle skuld beter diens as in die verlede. Pas op wat jy kwytraak op sosiale media. Koekies vir koeëls - ons vra waarom die Weermag 'n rits bakkerye oopmaak.

Woensdag 1 Desember 2021

Spektrum 1 Desember 2021

Die werkloosheidsprobleem spook ook by die landbousektor. Aspen hoop dat sy entstof-vervaardigingsooreenkoms met Johnson & Johnson die vasteland ‘n reuse hupstoot sal gee. Vrystaat Landbou maan boere om paraat te wees tydens die feesseisoen. Tagtig persent van onderwyspersoneel is tot dusver ingeënt. Die matriekeksamens is so te sê verby - ons vind hoe dit verloop het.

Dinsdag 30 November 2021

Spektrum 30 November 2021

Gemengde reaksie stroom steeds in oor moontlike verpligte Covid-19-inentings. 'n Arbeidsreg-kenner sê jy kán afgedank word as jy weier om die inenting te kry. Daar is slegs een polisiehelikopter in Gauteng wat diensbaar en operasioneel is. Brandstofpryse skiet om middernag die hoogte in. Twee mense is vasgetrek na 'n gewelddadige plaasaanval in Bothaville in die Vrystaat.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: