06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Nou op die lug: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Renske Jacobs
Gustav Greyling

Volgende: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

11:30 - 12:00

Finansies

Met Ryk van Niekerk

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Dinsdag 23 November 2021

Spektrum 23 November 2021

Opruimingswerk gaan voort in George ná gister se oorstromings. Ons kry reaksie van die DA oor hulle oorwinning in sleutelmetros. Ons vra ook hoe die nuwe Metros bestuur gaan word. Die saak oor die toekenning van mediese parool aan oudpresident Jacob Zuma draai in die hof. Verbruikers wil munt slaan uit sogenaamde Swartvrydag-winskopies - 'n kenner gee raad oor hoe om jou finansies verantwoordelik te bestuur.

Maandag 22 November 2021

Spektrum 22 November 2021

Politieke partye het min tyd oor om koalisiegesprekke af te handel. Verskeie raadsvergaderings vind vandag plaas om nuwe burgemeesters te verkies. Suid-Afrikaners word gemaan om gesondheidsmaatreëls na te kom om Covid-infeksies te voorkom. Verskeie paaie, skole, huise en sakeondernemings in George in die Wes-Kaap is onder water. Die Toyota-span se voorbereidings vir die Dakar 2020 verloop vlot.

Vrydag 19 November 2021

‘Die gekonkel by Eskom se Tutuka-kragstasie is verstommend’

Die Tutuka-kragstasie in Standerton, Mpumalanga, was nog onlangs een van Eskom se mees betroubare stasies. Lede van die media is egter gister genooi om besoek aan die kragstasie af te lê. Een van Netwerk24 se energieskrywers, Antoinette Slabbert, praat oor wat sy daar gesien het..

Vrydag 19 November 2021

Eskom sê daar is nou bewyse van sabotasie

Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter, sê hulle het bewyse van sabotasie gevind by die Lethabo kragstsie in die Vrystaat. Die Valke ondersoek die saak, nadat 'n kragtoring buite die stasie se pote afgesny is. Intussen word geen beurtkrag oor die naweek, of volgende week verwag nie. Dis nou indien daar geen ernstige voorvalle van sabotasie of ongelukkige is nie. De Ruyter was gister skugter om verskeie voorvalle as sabotasie te bestempel, maar Marlinée Fouché berig hy het van deuntjie verander.

Vrydag 19 November 2021

Spektrum 19 November 2021

Eskom ondersoek voorvalle van sabotasie by sy kragstasies. Die tweede kwartaallikse verslag waarin politieke partye skenkings moet verklaar, is pas bekend gemaak. Nuwe navorsing wys dat daar minder Afrikaanse skole is. Dit is internasionale mannedag - die tema vanjaar is beter verhoudings tussen mans en vroue. Die Bokke en die Rose pak mekaar môre op Twickenham - sal ons 'n herhaling sien van 2019 se Wêreldbeker-finaal?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: