23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Dinsdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Donderdag 18 November 2021

Duisende Suid-Afrikaners staan seismiese opnames teen

Meer as 'n honderdduisend mense het reeds 'n petisie onderteken, wat eis dat 'n beplande seismiese opname aan die Oos-Kaapse kus gestop word. Die opname, wat plaasvind oor 'n grond-oppervlak van 6-duisend hektaar, probeer bepaal of petroleum en gas in die Transkei-omgewing ontgin kan word. Nóg 'n projek wat 'n groter gebied dek, word boonop in 'n ander gebied beplan. Die nie-regeringsorganisasie 'Oceans Not Oil' waarsku dat dié planne verreikende gevolge inhou vir die mariene omgewing, asook die vissery en toerismebedryf. Marlinée Fouché het meer besonderhede.

Donderdag 18 November 2021

Spektrum 18 November 2021

Vier kandidate is op die kortlys vir die hoofregterspos, maar dié keer word die proses anders hanteer. Eskom ondersoek 'n reeks ongelukke en verdagte voorvalle by sy kragstasies. Ons kyk na die jongste politieke koalisies en probleme wat in munisipaliteite kop uitsteek. Die helfte van die land se staatsondernemings het verlede jaar verliese getoon. Die SAUK het verskeie planne om operasionele en finansiële uitdagings die hoof te bied. Die Poskantoor waarsku teen die betaal van omkoopgeld om lang rye vry te spring.

Woensdag 17 November 2021

Afrikaanse Wikipedia wil dieper spore trap

Afrikaanse Wikipedia is dié jaar 20 jaar oud. Die platform het boonop reeds 'n honderd en een duisend artikels gepubliseer, wat dit die grootste Afrika-taal op Wikipedia in Suid-Afrika maak. Dié aanlyn ensiklopedie word beskou as een van die bydraende faktore tot die ontwikkeling en voortbestaan van Afrikaans, veral as akademiese taal. Die platform se bestuurspan het boonop planne om ander dialekte van Afrikaans, veral Kaaps, op die platform te bemagtig. 

Woensdag 17 November 2021

Wees gereed, AARTO-wetgewing word reeds toegepas

Die agentskap vir padverkeersoortredings versoek maatskappye om die implementering van die nuwe AARTO-wetgewing ernstig op te neem. Fase twee word reeds ge-implementeer, en as maatskappye nie gereed is hiervoor nie, kan dit tot groot skade lei. Die organisasie Upskill Academy werk saam met die regering om opleiding te bied oor die risiko's van swak voorbereiding, maar ook die voordele verbonde aan die nuwe wetgewing. 

Woensdag 17 November 2021

Spektrum 17 November 2021

Donker tye wag weer op Suid-Afrikaners. Gemeenskappe help om die Jukskeirivier skoon te maak. ‘n Chirurg vertel hoe hy 'n papegaai se nuwe titaansnawel vasgeheg het. Ons fokus op spoorvervoer in Suid-Afrika en waarom dit onderbenut word. Barbie kry 'n Suid-Afrikaanse verfraaiing.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: