15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Spektrum

Maandag 8 November 2021

Spektrum 8 November 2021

Mango sal waarskynlik nie in Desember vlugte hervat nie. Gesprekke tussen politieke partye oor moontlike koalisies in munisipaliteite duur voort. Die toerismebedryf sukkel steeds om op dreef te kom. Hewige reën word vir verskeie provinsies voorspel. Die regsgeveg tussen die DA, die Speaker van die Nasionale Vergadering en die Openbare Beskermer word in die Konstitusionele Hof voortgesit.

Vrydag 5 November 2021

Spektrum 5 November 2021

Die meeste Metrorade en munisipaliteite landwyd sal deur koalisies bestuur moet word. Ons kyk na die voor- en nadele hiervan. Ons vind uit hoe politieke partye met mekaar onderhandel om koalisies te vorm. 'n Nuwe klimaatsooreenkoms blyk baie meer bereikbaar te wees as die Parys Klimaatsooreenkoms. ‘n Belangrike wetswysiging in die stryd teen misdaad, word goedgekeur. ‘n Oudparlementslid deel sy indrukke van die verkiesingsuitslae en wat dit vir die 2024-verkiesing beteken. Die waterprobleme in die Umgeni Munisipaliteit moet dringend opgelos word.

Donderdag 4 November 2021

Spektrum 4 November 2021

Die plaaslike verkiesing is verby - ons vra hoe baie tyd partye nou het om hulle sake in orde te kry. Ons kyk ook na watter munisipale kwessies eerste aandag moet kry. Voorspellings van 'n vierde vlaag van Covid-19-gevalle doen die rondte. Daar is vrae oor waar die geld vandaan kom vir die energiehulppakket wat aan Suid-Afrika belowe is. Sowat 200 dooie robbe is aan die Weskus gevind.

Woensdag 3 November 2021

Spektrum 3 November 2021

Die OVK het reeds 67% van die stemme landwyd verwerk. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gee insig oor kiesers se ervaring van die verkiesing. Die kwessie van koalisieregerings is nou een van die groot besprekingspunte. 'n Nuwe Energieraad van Suid-Afrika is gister gestig - ons vind meer uit oor die raad en wat hulle doelwitte is.

Dinsdag 2 November 2021

Spektrum 2 November 2021

Politieke partye deel hulle indrukke oor die voorlopige uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing. Orania het sy eie verkiesing gister gehou - ons vind meer uit hoe en waarom hulle dit doen. Ons vind uit waarom die brandstofprys om middernag skerp styg.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: